Die toerende Towerinne.

Hierdie blogpos is deel van die fiktiewe Kuier-Safari toer wat deur 14 bloggers onderneem word. Elke Towerin moet haar mede-Towerinne onthaal in haar tuisdorp en meer leer oor haar streek en provinsie. Ongelukkig woon nie een van die Towerinne in die Noord-Kaap nie, maar ek het in Namakwaland grootgeword in die sestiger-jare. Ek het dus besluit om die Towerinne saam met my te neem op ‘n 4-daagse bustoer “down memory lane”, wat ek in die werklike lewe onderneem het veertig jaar nadat ek Namakwaland se stof van my voete afgeskud het. Alle fotos gebruik is private eiendom, behalwe waar spesifiek anders aangedui.

Lees vorige bydraes deur die verskillende skrywers by hierdie InLinkz skakel  http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928.

Die statige Towerinne sorg vir groot pret oor die land. Hierdie dames noem hulself die Towerinne omdat oral waar hul gaan toor hul stories en pret EN kattekwaad op.

Hier volg die name van die deelnemers van hierdie virtuele Kuier Safari toer deur Suid Afrika.

Bali Drome

Bondels gedagtes

Kameel

Woordnoot

Tannie Frannie

Scrappy

Perdebytjie

Dis ekke

Lekkervurigeaffêre

Positief

Virgo C

Seegogga

Toortsie

Trommeltjies

Die toer skop af by Bali Drome in Harties. Die Towerinne veroorsaak ‘n oproer in die vakansie dorp van sterre. Ek verklap niks, slegs dat daar Frangelico en hakskoene betrokke was en ‘n sekere paparazzo daaronder gelei het a.g.v Mev. Hia de Sint se neus vir fopnuus. Die Towerinne het die eerste dag die VanGaalen Kaasfabriek, die Jasmyn boeremark en Elephant Sanctuary besoek. Die volgende dag was dit Prettville se beurt en o weë, pret was daar beslis. Na die pret op Prettville was dit tyd vir partytjie en die partytjie boot op die Hennopsrivier was die uitweg. Op pad na Brits sorg Toortsie en haar kitaar vir groot makietie. “Tannie trap die petrol,” word luidkeels gesing saam “So ry die bus, so ry die bus, die groot groen tower bus.” “Al lê die berge nog so blou,” “Vêr in die ou Kalahari,”

Op Bondels gedagtes se plaas op Brits aangekom is hul verwelkom deur ‘n vreeslike verbaasde Pasella African Grey wat nooit soveel vroue saam sien nie. Bondels moes die sekuriteit laat inroep omdat Broodina Barber, die fopnuus koningin wat die Towerinne agtervolg, gekeer moes word. Die Towerinne is lêplek gegee in ou Ossewaens. Bondels het hulle bederf met ‘n besoek aan die Wagpos hoërskool se basaar en pret dag. Niemand kan kersvashou by die Towerinne as dit kom by boeresport, want hulle is bokke vir sports. Toe dit kom by bokdrolletjie spoeg sluk Scrappy haar drolletjie. Die onderwysers van die skool het sleg verloor toe dit kom by driebeen resies, waterkaskenades en eiergooi. Tannie Frannie ontmoet vir Silver en sy Harley net om heelwat later terug te keer, wind verwaaid en blosende wange. Die volgende oggend moes die Towerinne vroeg opstaan, want daar wag ‘n verrassing op hul… ‘n Sonopkoms Lugballon rit oor die Magaliesberge. Die res van die dag neem Bondels hul op ‘n toer deur die plaas en deel haar kennis oor eetbare onkruid, die groente tuin, die hoenders, eiers, koeie, die dam en ook die Shofar horing fabriek. Elkeen kry ‘n kans om ‘n horing te blaas. Die allervreeslikste geluide kom uit, maar toe Bondels blaas klink dit na ‘n Hemelse geklank.

Die volgende dag is dit weer tyd om die bus te besing op pad na Pretoria. Kameel huur vir Lorenzo wat skaars ‘n Engelse woord kan praat en gladnie Afrikaans verstaan nie, want sy is moeg vir Dis ekke se gekla oor haar bestuursvermoë of onvermoë. Die bus kom tot stilstand by ‘n klein lughawe. Kameel deel die doel daarvan aan die Towerinne mee. Hulle gaan valskerm spring! Sy, aan die anderkant, sal onder staan en foto’s neem. Heel gerieflik? Pretoria Jakaranda stad word die beste besigtig van bo af en so tussendeur wange en lippe wat flap van die wind in hul hare en gesigte kan die Towerinne nie anders as om in ontsag na die stad onder hul te kyk nie. Daarna is hul al singende na die Sammy Markus Museum. Blykbaar het Bali Drome daardie dag besef sy is dalk met ‘n helmet gebore toe sy die man in die leunstoel sien sit. Die aand by die Blou hond teater by die Casa Toscana Lodge was daar groot konsternasie toe die kunstenaars nie die einde van hul klaagliedere gesing kon kry nie. Lekkervurigeaffêre het hul bepraat en dit was die einde daarvan. Energie drankies is uitgedeel onder die Towerinne en toe hul wakker word staar hul in die tralies van ‘n tronksel vas… Blykbaar oor diamante in bierbrode, maar hul is vrygelaat en die brode aan hul terug besorg. Na die herrie moes die vroue ontspan en ‘n piekniek by die Rietvlei dam was hul voorland. Na ordentlike kos en otspanning was dit tyd vir optof en koers kies na die stadsteater waar Toortsie toe as Christene op die verhoog beland in die Phantom of the Opera vertoning.

Scrappy het haar deel van die land gaan wys in Limpopo. Bela Bela, Modimolle, Mokghopong, Mokopane, Polokwane, Tsaneen, Modjadjikloof en Magoebaskloof. Warmbad en Nylstroom is besoek. Op Potgietersrus het die Towerinne bewonderend gestaar na die kopbeen van ‘n vroeëre aapmens in die Arend Dieperink Museum. Maroela mampoer was aan die orde van die dag en oom Bossie braai egte Boere braaivleis met stywe pap en braaisous saam. Oom Bossie vertel stories om die kampviir wat die Towerinne na hul kinderdae laat verlang. By die Debeng Waterval gly Toortsie en Woestynkind op die rotse en beland albei in die water.

Rondomtalie ontvan die Towerinne in ‘n aftree oord. Die Towerinne sing ‘n afskeidslied aan al die bewoners na ‘n gesellige liplekker ete.

Op Perdebytjie se tuisdorp, Dullstroom, word die groot groen bus afgetrek deur ‘n boetebessie wat effe trek na Mike Bolhuis met sy regop hare. Ene Mev. Broodina Barber het seker gemaak dat die bus nie mag stop in Dulstroom nie. Slegs vanuit die bus kon die Towerinne die mooiste dorp bewonder.

Wat daarna gebeur het en om die virtuele toer te volg sal jy nou op hierdie skakel moet klik. Frangelico, energie drankies en diamante in bierbrode sorg vir groot pret.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Toodles!

19 thoughts on “Die toerende Towerinne.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s