Week 2.

Ons is in week twee van die groot skool. Buiten dat die huiswerk met ‘n katspoegie vermeerder het was dit nou ook ‘n anderste dag gister.

Ons was lekker vroeg. Die roetine in die oggend loop soos warm stroop. Hy trek aan en eet en borsel tande voordat hy mag tv kyk. Sussie is ‘n ander storie. Sy wil nou self haar klere kies en aantrek. Ek kla nie. Dit is darem nie heeltemal van koers af nie. 😅

Gistemiddag was ‘n ander storie…

Ouboet het huistoe gekom met ‘n paar skrape en ‘n broek se soom wat uit is. Arme man het geval en was vreeslik hartseer. Hy was ook gelukkig baie vinnig weer honkie dorie. Ons het ook ‘n vlinder gesien. So seergemaak en sy een vlerk geskeer. Dit het nog gelewe, so toe sit ons hom in die koelte weg van die karre af.

En sussie… Ag hierdie girl sal seker eendag ‘n grimeerkunstenaar wees. Ek dink sy gaan vir die Avatar look hierso. Dit was en is vandag weer so erg, want toe ek probeer om dit skoon te maak wou díe om die oë nie af nie, so sy sit met “oogomlyner” vanaand. 🤦🏼‍♀️😅

Hulle was albei so moeg gistermiddag. Ek moes weer ry om vir die hubster kos te vat nadat ons by die huis gestop het. Hulle wou saam ry al was Busi by die huis… Sussie is toe besig om ‘n pakkie chips te eet. Skielik bars ouboet uit in trane. “Hierdie suster van my wil nie toe mond kou nie!”

Ek het nie geweet of ek moes lag of huil nie. 😂

Nou ja toe. Die res van die middag was gelukkig rustiger. Môre is nog ‘n dag.

Toodles!

Advertisements

6 thoughts on “Week 2.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s