Foto: Pinterest.
Ek weet nie of julle ook Dwaalster op ‘n Dinsdagaand kyk op KykNet nie. Wat ‘n storie met alles wat verkeerd is daarin. Die enigste karakters wat vir my mooi of interessant is, is die skrywer wat die hotelkamer geerf het en die dowe kelnerin.
Dit is lekker om ou “Botha Botha Botha” van Getroud met Rugby faam in so rol te sien. đ Die aktrise wat die kelnerin speel moes leer vingertaal praat en leer rolskaats vir die rol. Interessant nĂ©!
Maar hierdie storie laat my ook vir een of ander rede dink aan die volgende skrif. Seker maar die naam, maar nietemin.
Sonder geloof kan ons niks van God af ontvang nie. Geloof sonder werke is dood. As ons bid moet ons glo dat ons sal ontvang, anders sal ons heen en weer rond dwaal en na grashalms gryp.
Volgende wanneer jy bid en vra vir iets, sĂȘ ook dankie, want net soos ‘n kind glo dat sy pappa of mamma iets vir hom sal doen, netso moet ons ook glo dat die Here vir ons wil doen dit wat ons vra
Toodles!
Dis waar ek en my man nou is….ons moet in die geloof bid oor ‘n saak maar ek weet ook ons sal met blindelingse vertroue hier moet ingaan….soms voel dit makliker gesĂȘ as gedaan
Daardie gevoel ken ek goed. Ons is ook nou op so plek. Sterkte. Lees bietjie, Habakuk 2:4.