Ek verstaan nie hoe dit gebeur nie. Een oomblik was ek 21 en gereed vir die lewe, komende maand is dit 32 jaar later en ek is steeds gereed vir die lewe, maar dalk op ‘n stadiger manier?
Eers was ek wild, wakker en aan die brand. Nou is ek getroud, twee kinders later en ‘n Laerskool mamma?
Verlede Woensdag het ek laas geblog en nou is dit ook al ‘n week later en ek het 6 DAE nie geblog nie!
Hoe gebeur dit?
Die dae en die ure en minute gaan so spoedig verby. Hoe meer ek probeer vasvat plek kry aan hierdie jaar hoe minder vatplek kry ek.
Die afgelope week was maar rof. Dit was ons eerste Laerskool foto dag en boeta was gladnie beindruk toe hy hoor hy mag nie mooi klere aantrek daarvoor nie. Slegs skoolklere…
Sussie het begin balet en het sy haar eerste les vreeslik baie geniet. Dit was die eerste ding wat sy vir my gesê het toe ek haar die afgelope Maandag gaan haal het. “Mamma, ek het baleT.” Met ogies wat omdop van die klimaks op die ‘T’. 🙄
Ek was na ‘n ongelooflike, krag gevulde vrouekamp. Die teenwoordigheid van die Here was so sterk en die salwing op die Woord so swaar. En elke dag neem ek dit saam my.
En dan in die pyplyn?
My hubster gaan DV in Mei maand vir 3 weke Amerika toe. South Dakota om presies te wees. Sy beste vriend werk op ‘n plaas en plase daar en hul wil hul besigheid uitbrei. Dit is vir ons ‘n massiewe geleentheid en ‘n nog groter avontuur! Die dorp is piepklein en die veiligheid top prioriteit. Die gemeenskap vriendelik en die Winters YSIG koud. Ons sien uit en het by die Here gaan aanklop en gevra of dit in Sy plan is vir ons. Al die skrifte saam: Dit is.
Ons is opgewonde! Vir my werk kan dit ook verandering beteken in die lyn van om betaal te kan word vir video’s op YouTube. Ons lewe as Expats. 😁
Nou ja, dit is die kort en die lank van ons week. My doel vir hierdie jaar was om elke dag te blog… Ek het dit nognie bereik nie. Ek sal nog. Al is dit net een maand hierdie jaar.
Toodles!
Sterkte! Dis wonderlike nuus! Klink na ‘n heerlike nuwe avontuur vir julle.
Ag en die lewe gebeur mos. Ek weet hoe moeilik dit is om by te bly met die blogs.
Dankie! Ons is baie opgewonde 🤗 Ja, eendag as ek oud is sal ek elke dag blog. Vir nou sal ek maar berus by once in a while. 😜
Sterkte. Geniet die ware lewe, dis regtig belangriker as blog.
Dit is die waarheid. 🤗
Wow Sonell, ek is nou sommer opgewonde vir jou part.
Dankie Hester! Die geleenthede daar is groot. 🤗
Ek dink aan iets wat ek vir jou wil kom skryf en sien jy het intussen sommer twee nuwe bloginskrywings gedoen.
Ek vind ook dat ek baie dae niks het om te skryf nie, net om die volgende oomblik sommer twee of drie gedagtes in my kop het. Skeduleer werk vir my. Dit maak my rustiger. Natuurlik hoef ons nie elke dag te skryf nie, daar is geen reël wat dit bepaal nie. So, wanneer ek die woorde in my kop kry, skryf ek dit as ek kan, en skeduleer dit maar dan vir die volgende dag of vir wanneer ek dit wil publiseer. Dit maak dit makliker vir my. En as dit hoe is, skeduleer ek verkeerd, of het ek vergeet dat ek reeds iets het vir daardie dag. 🙂 Ag, dis ook okay.
Sterkte vir julle Amerikaplanne.
Dankie Toortsie. Ek moet net myself leer om dit waaraan ek dink op my stem notas op te neem en dan daaroor te skryf later.
Daardie dae wat mens niks het om oor te skryf is aaklig! 🤦🏼♀️
Dankie vir jou raad. ❤️
Oee later skryf werk nie vir my nie. Daai goed raak sommer net weg. Ai toggie.
Dit is my presiese probleem. Ek sal nou aan iets amazing dink, dan soek die kinders of iemand anders my aandag en dan is dit weg.
En dan wil die woorde nie vloei nie.
Dit is so.
WOW!!! Julle gaan groot! Fantastiese nuus…glo en vertrou dat alles vir julle goed gaan uitwerk!
Baie dankie! Ons is werklik baie opgewonde. Die pad is nog lank voor ons daar gaan uitkom, maar die Here sal als laat gebeur in Sy tyd.
Sonelle, hierdie is groot nuus. Ek kou nog bietjie daaraan, jy is vinnig op my!🤔🙄😉🤗
Ons is baie opgewonde! Dit was vinnig op ons ook, maar ons het dadelik geweet dit is ons nuwe avontuur. 😁
Ek het nie woorde nie. Dis wonderlik!