Te lui.

Ek was die afgelope paar dae net eenvoudig te lui om te skryf. Of dalk nie lui nie. Ek het my liggaam kans gegee om te herstel. Nadat ek so siek was verlede naweek en toe nog hierdie week ook 'n snotterigheid aan my gekry het en 'n toe bors het ek myself kans gegee. … Lees meer Te lui.

Die klippie in my skoen.

Die afgelope week lees ek 'n sangeres se Facebook plasing raak. Sy is ongelukkig, want sy het verlede jaar verskriklik baie gewig afgeskud en nou weer so paar opgetel, maar dit is nie waaroor sy ongelukkig is nie. Sy het meer as een boodskap ontvang wat kommentare soos: "Ek sien jy eet nou weer lekker" … Lees meer Die klippie in my skoen.

Sy sê wat!?

Gisteraand is ons besig om te eet en gesels. Iewers het iemand oor getalle gesels en sussie (amper 4) haak af. "Sex" Ons word onmiddelik stom. Nie 'n woord nie. Ek waag dit. "Wat sê jy?" Sy: "Sex" Ons besef ons het reg gehoor. Die hubster en ek kyk vir mekaar. Ek waag dit weer... … Lees meer Sy sê wat!?

Happy.

Hierdie jaar het ek die Lama as my dier gekies. Seker hoofsaaklik omdat ek besluit het om nee te sê vir drama. So hierdie is my happy no drama Lama. Toe lees ek gister hierdie snaakse "Lama blessing" raak. So mag hierdie gelukkige Lama virewig in jou rigting spoeg. 😜 Toodles!

Onsekerheid.

Enigiets groot wat ons in die lewe wil hê of bereik het 'n prys wat ons moet betaal. Kyk maar na die spioene wat Kanaan moes binnegaan. 12 het ingegaan. 10 het gesê nee en twee het gesê "Let's do this!" Met ons beplanning vir die hubster om in Mei maand vir 3 weke Amerika … Lees meer Onsekerheid.