Klaar met skool.

Dinsdag is boeta weer terug skool toe na amper twee weke se speletjies by die skool. Genade!

Nou ja, direk na skool was daar rugby oefening. Hy het sy alles gegee met daardie oefening. By die huis gekom was dit tyd vir huiswerk. Maar boeta was moeg.

Daar was nie tyd vir gou gou rus nie, want dit was amper tyd vir sussie om gehaal te word by die skool en 4uur het ons ‘n afspraak gehad.

Boeta stem maar teen sy sin in en doen die huiswerk. Toe ons UITEINDELIK klaar is sê hy:

“Nou is ek klaar met skool. Ek sal weer in Amerika skool gaan.”

Nou ja toe ek het maar tjoepstil gebly en sy werkies weer in sy tas gepak.

Arme kind is al moeg vir skool man. Shame! 😂

Toodles!

10 thoughts on “Klaar met skool.

    • sonell sê:

      Ek het gister gesien dit help as hy so halfuur net rustig is voor ons begin met die huiswerk. Ek soek ook solank die volgende dag se prentjie wat hy moet uitknip en plak, maar ek gee hom verskillende opsies. Dit help nogal.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s