Die eerste hart.

Hierdie week se bloguitdaging handel oor daardie Valentyn of Valentynsdag wat jou nog steeds laat bloos van verleentheid.

Oooo Jinne, hierdie is nou ‘n uitdaging wat ek nooit sou dink my padlangs sou kom nie. En hoewel ek nie baie het om te vertel nie, want ek het nie baie valentynsdae agter my naam saam iemand nie, gaan ek jul nou maar vertel van die eerste hart wat ek gebreek het.

Ek was so duskant 11 jaar. Net na my ouers geskei is terug in die Kaap en was vir twee weke by die huis met Pampoene.

Ek neem aan dit was Valentynsdag wat ek terug is skool toe, of dalk nie. Nietemin. Daar was ‘n seuntjie wat sy oog op my gehad het. Hy het sulke styyyyyywe blonde kroes krulletjies gehad. Korter as ek. Daarom het ek gedink hy is stapel gek. Nou ja, die dag wat ek terug was by die skool kry ek toe ‘n geel langsteel roos op my skoolbank waar ek gesit het met ‘n briefie en ‘n suigstokkie waarop geskryf is: Liefde Christie.

Ek het die briefie en die roos in die asblik gaan gooi en die suigstokkie geëet.

Ek bloos vandag nog oor my swak gedrag daardie dag. Dalk was dit my ouers se egskeiding wat my so laat optree het? Dit was ‘n bittere ontstuimige tyd in my lewe. Nie dat dit ‘n verskining is nie en dalk het ek myself daar gefop, want daarna het ek geen of niks ontvang van enige geheime bewonderaars nie…

So Christie, as jy hierdie op een of ander wonderbaarlike manier raaklees, jammer ek het jou hart gebreek. Ek hoop jy het ware geluk en liefde gevind.

Vandag is ek 8 jaar gelukkig entevrede getroud en lief vir my man met al my sintuie. 😜

Toodles!

Om deel te neem aan hierdie uitdaging of om ander se inskrywings oor hierdie tema te lees volg gerus die skakel:

InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=816460

15 thoughts on “Die eerste hart.

  1. Kameel sê:

    Ek sou jou boude vuurwarm gewiks het as jy my seuntjie se hart so gebreek het. Toemaar ek grap net…maar kannie help om jammer te voel vir die outjie nie. Hy het vroeg geleer dat ‘n vroumens nie ‘n speelding is nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s