‘n Rowwe begin.

Vanoggend het met ‘n rowwe begin, begin.

Soos elke oggend het ek 5 uur opgestaan vir Bybel lees en bid. Ek het veder gelees van Moses en die plae oor Egipte. Dit was so interessant dat ek sommer verder as gewoonlik gelees het. Almal in die huis het stadig aan begin wakker word en ons oggend het begin op ‘n drafstap begin posvat.

Dit was aantrek, pap en yoghurt, en die groot gesoek na boeta se bril… Ek is al so keelvol vir hierdie bril. Hoe gaan ek hom kry om dit aan te hou en nie iewers te verlê nie. Ek is oop vir voorstelle… Superglue is ‘n opsie… Of stickytape rondom sy kop?… Masking tape rondom met die bril op sy gesig en gaatjies waardeur hy kan kyk… Hy gaan soos ‘n Ninja Turtle lyk…

Na baie baklei spring ek in die kar. Ry garage toe, want ek was nie gister winkel toe vir skool kos vir kosblikke nie. Sasol garage het NIKS… Ry af na Engen garage. Halfpad daarna toe breek my clutch!

Ek moes in splitsekondes besluit wat gaan ek doen, want ek kan nie ratte ruil nie. Gelukkig het ek brieke gehad! Die karre jaag verby. Almal is op pad werk en skool toe. Toe sit ek my flikker lig aan, trap stadiger briek en kom tot stilstand op die sypaadjie. In splitsekondes het ek al my spieëltjies dopgehou, besluit wat om te doen en die kar met my en die kinders in veilig op die sypaadjie gekry. Die Here het ons beslis beskerm teen ‘n groot ongeluk! En daarvoor is ek dankbaar vandag, want elke dag bid ons vir beskerming. Maar vir groot dinge soos teen roof en doodslag, maar nie ‘n clutch wat breek terwyl jy ry nie…

Ek het toe op Facebook gevra wie my kan help en Carmen motors is toe voorgestel. Baie dankie Alanda vir die voorstel!

Michelle van Carmen Motors het voor 8 vanoggend die foon geantwoord en binne ‘n paar minute was Jason en Stefan daar om my te help. Baie verleë het ek die goed van Saterdag se foto sessie en die kinders se goed uitgehaal. Ek wou gistermiddag dit doen, maar het nie kans gekry nie…. Vanoggend ook nie… Nietemin, Jason en Stefan het my gehelp en Jason het my heel geduldig by die huis gaan aflaai en gelag vir my simpel grappies oor die situasie al wou ek my oë uit tjank…

By die huis hoor ek boeta se bril is gevind. Buite op die gras… Lillie het dit beetgehad en is die lens gekrap en die rubber van die ore af, so ek moet dit ook nou laat regmaak.

Ek het toe kossies ook gaan kry vir die kosblikke. Ongesonde pastye, chippies en koekies en koeldrank.

Dit was ons oggend. Ons is gelukkig veilig en ek was gehelp.

Ek is dankbaar als het goed uitgedraai en dat die Here ons beskerm het.

Toodles!

5 thoughts on “‘n Rowwe begin.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s