Die klippie in my skoen.

Die afgelope week lees ek ‘n sangeres se Facebook plasing raak. Sy is ongelukkig, want sy het verlede jaar verskriklik baie gewig afgeskud en nou weer so paar opgetel, maar dit is nie waaroor sy ongelukkig is nie.

Sy het meer as een boodskap ontvang wat kommentare soos: “Ek sien jy eet nou weer lekker” bevat.

Eers het ek gedink ek lees verkeerd, maar nee. Ek dink so by myself. Is vet werklik die slegste ding wat mens kan oorkom?

Ek is ronder as meeste mense in my kring, maar ek is gelukkig. Ek is gemaklik in my vel. Ek is dankbaar vir ‘n gesonde liggaam! Anders as die eerste keer in 3 jaar wat ek nou siek geword het met kroep en in die bed is, is ek gesonder as meeste mense in my kring!

Ja ek het ook ‘n paar kilos opgetel na die 14 wat ek verloor het, maar ek is gelukkiger as ooit!

Nou vra ek jou is vet die ergste wat mens kan wees as jy mense kry wat deurtrek is met jaloesie, bitterheid, afguns, gedagtes van wellus, obsessie, skinder. Als soos ‘n kanker wat hul opvreet van binne wanneer meeste oorgewig mense wat ek ken harte van goud het. Hulle leef met dankbaarheid en gun ander mense alles wat goed is.

Werklik waar!

Volgende keer as jy oplet iemand het gewig verloor of opgetel, hou liefs jou opinie vir jouself. Gee komplimente wat met hul hart en karakter te doen het eerder as hoe hul lyk.

Ek wou hierdie net van my hart afkry, want ek kou al heel week hieraan en dit is ‘n klip in my skoen omdat mense dink maer wees is die enigste mooi. Voller figuur vroue is ook vir my pragtig. Gaan toets dit maar, voller figuur vroue se harte is ook gewoonlik mooier, want hulle kyk dieper as die skaal.

Toodles!

Hierdie is ek nou met my 32ste verjaardag foto sessie. 🤗 Foto geneem deur Simoné Schutte.

23 thoughts on “Die klippie in my skoen.

  1. lekkervurig sê:

    Ek het die volgende vir sulkes te sê. Eerstens het ek elke kilo en my nommer agts nodig om my ongelooflike persoonlikheid te huisves. Nommer twee, ek kan gewog verloor maar aan so kraak in persoonlikheid en lelik kan min gedoen word. Siestog. Dit klap bitterbekkie beterweters waar dit saakmaak. Tata mooi vrou!

  2. pajamasmetsokkies sê:

    Ja, die media het mense wreed verkeerd geleer oor wat mooi is. Ek sê altyd al is iemand uiterlik nie mooi nie, word so persoon mooier van buite hoe beter jy hul leer ken en hul binnetste skoonheid ontdek. Die binne maak die buite en die letsels of wat ook al nie altyd mooi is nie, mooi! Dit maak jou eg.
    Aan die anderkant was ek nog altyd ‘n ou maeretjie. Al daarvan beskuldig dat ek anoreksies is – jare gelede. Dis ook nie lekker nie. Op die ou einde word gesigwaarde bepaal nie op hoe jy lyk nie, maar hoe jy optree. Mense weet dit eintlik, maar besef dit nie altyd nie.
    Ek hoop jy is sommer gou weer gedond!

  3. Toortsie sê:

    Vetwees is beslis nie al waaroor dit gaan nie, maar ek was self daar. Ek voel gemakliker in my lyf, gesonder as wat ek was en ek hou steeds daarvan as mense vir my sê ek lyk goed. Ek het baie hard gewerk om die gewig af te gooi en moet steeds hard werk om dit af te hou. Ek het ‘n vriendin wat my weekliks laat weet hoeveel sy verloor het, sy was ekstra oorvet, siek as gevolg daarvan en klou aan elke persoon vas wat haar ondersteun. Ek sal haar aanhou aanmoedig, maar wanneer sy sê sy het opgetel, sal ek haar aanmoedig om vas te byt. Ek weet hoe graag sy daardie verskriklike bank ver wil verloor.
    Ek dink wel mense verskil wat dit aanbetref.

    • sonell sê:

      Dit is so Toortsie en mens voel gemaklik en dit is goed om mekaar aan te moedig.

      Die probleem wat ek het is die boksie mentaliteit wat mense het dat maer wees die mooiste is of dat dit ok is om vir ‘n persoon te sê jy kan sien hulle het gewig opgetel.

      Is oorgewig wees die ergste ding wat mens kan wees?

      Ek waardeer jou bemoedigende kommentaar ❤️

  4. HesterLeyNel sê:

    As kinders het ons ‘n antwoord gereed gehad op sulke aanmerkings: “En jy is ook nie ‘n oil painting nie”. Dit het gou ‘n einde gebring aan die snedige aanmerkings. Maar nou ja, nou is ons groot en ons moet seker maar sulke kleinlikheid oor die hoof sien. Jy daar met jou rooi rokkie is pragtig, hoor?

  5. Andorize sê:

    So waar wat jy hier skryf. Ek het ‘n probleem met my gewig. Nee, eintlik soort van ‘n obsessie. Dis vir my ‘n doring in die vlees en een van die grootste oorsake dat ek depressief raak. Dis ‘n eindelose stryd; ‘n saak van gebed.

    • sonell sê:

      Ek glo dat ons selfs oor ons gewig met die Here kan praat. Ons kan Hom enigiets vra. Selfs om ons te wys wat reg en gesond is vir ons liggaam en om ons selfbeheersing te gee.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s