Sy sê wat!?

Gisteraand is ons besig om te eet en gesels. Iewers het iemand oor getalle gesels en sussie (amper 4) haak af. "Sex" Ons word onmiddelik stom. Nie 'n woord nie. Ek waag dit. "Wat sê jy?" Sy: "Sex" Ons besef ons het reg gehoor. Die hubster en ek kyk vir mekaar. Ek waag dit weer... … Lees meer Sy sê wat!?

Happy.

Hierdie jaar het ek die Lama as my dier gekies. Seker hoofsaaklik omdat ek besluit het om nee te sê vir drama. So hierdie is my happy no drama Lama. Toe lees ek gister hierdie snaakse "Lama blessing" raak. So mag hierdie gelukkige Lama virewig in jou rigting spoeg. 😜 Toodles!

Onsekerheid.

Enigiets groot wat ons in die lewe wil hê of bereik het 'n prys wat ons moet betaal. Kyk maar na die spioene wat Kanaan moes binnegaan. 12 het ingegaan. 10 het gesê nee en twee het gesê "Let's do this!" Met ons beplanning vir die hubster om in Mei maand vir 3 weke Amerika … Lees meer Onsekerheid.