No Momo / What if Momo?

Okay, ek gaan julle nou nie nog meer teister met die afgryslike Momo beeldhouwerk wat ons almal nou al heel week so sien regoor sosiale media nie. Ek kan letterlik voel hoe my hart ‘n skok kry wanneer ek per ongelukkig ‘n foto van die beeld sien. Ek was naderhand so bang ek moes met die badkamer lig aan slaap.

Ek weet jy lag nou lekker vir my… Lag maar. Ek lag ook, want dit is belaglik!

Nou ja, die storie het hierdie afgelope week opslae gemaak omdat daar versprei is dat hierdie karakter blykbaar in die middel van kinder video’s op Netflix en YouTube kids verskyn en dan op een of ander manier ‘n speletjie speel met kinders deur middel van boodskappe en dan lei dit na die kind wat selfmoord pleeg… So verregaande as wat dit klink, het dit baie ouers oorweldig met vrees. Ek het gesien hoe ouers besluit om hul kinders se skerm tyd te beperk en meer paraat te wees daarop om nie net ‘n stuk tegnologie in die kind se hand te stop en laat vaar nie.

Ek het met ‘n paar vriendinne my opinie gedeel as volg. Ek glo dit is tyd dat ouers oop en eerlik met hul kinders begin praat oor gevate soos self dood en self skade. Om met jou kinders te praat oor die gevare van sosiale media en die internet. Vorige jare was ons nie so bewus van gevare soos mense handel en ontvoering en seksslawe nie, want ons het nie daarvan gehoor nie. Vandag weet ons van dit als, want ons het sosiale media. En hoewel daar baie fopnuus die rondte doen, doen daar ook baie ware verhale die rondte.

Ek is oortuig dat as jy aandag gee aan jou kinders wanneer hul met jou praat hul die vertroue in jou sal hê om oor enigiets met jou te praat. Dit is vir my belangrik om my kinders in die oë te kyk wanneer hul met my praat. Al vertel hul my van ‘n klip of al is dit die 50ste maal wat hul vir my ‘n storie vertel gee ek steeds aandag. Deur dit wen en hou ek hul vertroue en hul weet dat hul dan oor enigiets met my sal kan praat, want hul en hul belange is vir my belangrik. Ons leef nie meer in die 1800’s nie en daarom moet ons ook besef dat ons met ons kinders kan gesels. Ouer generasies het nie sommer met hul kinders gekommunikeer nie en ek kan nie onthou dat ek werklik die vrymoedigheid gehad het om met my ouers te praat oor wat op my hart was nie. Daarom is dit vir my belangrik dat my kinders sal weet dat hul met enigiets in vrymoedigheid na my toe kan kom. Net soos ek na my Koning kan gaan in vrymoedigheid.

Intussen het dit nou uitgekom dat die Momo storie fopnuus was… Dit het ongelukkig baie vrees in baie mense se lewens gesaai, maar ek dink dit was ook goed. Goed omdat ons moet besef dat ons eers moet seker maak van ons feite voordat ons iets op sosiale media deel. Goed omdat ek self ook tot die besef gekom het dat daar steeds iets van my vlees in my lewe, want die volmaakte liefde van God verdryf alle vrees en ek was BAIE bang hierdie week, daarom weet ek nou waarvoor om vir myself te bid. Sodat God se liefde my hele wese en siel sal oorneem en volmaak word in my.

Dan, wat as hierdie storie van Momo aspris opgemaak is om ouers bewus te maak van die probleem dat kinders verslaaf raak aan die internet en aanlyn video’s. My kinders het self ‘n groot klomp ure al op YouTube spandeer en het ek gesien hoe dit hul aggresief maak. Hul brein kan nie die chemiese afskeiding wat dit veroorsaak hanteer nie. Toe het ons dit beperk na net naweke. Maar selfs dit was bietjie erg. Daarom na hierdie week het ek gister met hul albei gesit en op hul vlak probeer verduidelik dat daar mense is wat lelike monsters op die video’s op YouTube sit wat jou dan sê om jouself seer te maak. Ek het hul gesê dat hul nou nie meer op YouTube sal kan kyk nie en eerder moet buite of in hul kamers speel van nou af. Hul is immers nog kinders en daarom is dit nodig dat hul nog speel, want dit is hoe hulle leer. Hulle was tevrede en het gaan speel. Nog nie weer gevra of hul mag kyk nie en aangesien hul binnekort op ‘n plaas in Amerika gaan bly is dit ook goed dat hul nou al gewoond raak daaraan om buite te speel.

Ja, ek weet dit is gevaarlik om jou kinders buite te los en dit is gerieflik om hul voor tegnologie te sit met video’s sodat jy die huiswerk gedoen kan kry, maar ek is nie meer bereid om my kinders se onskuld op te offer sodat ek kan stilte hê nie. As hul my nou pla wanneer ek huiswerk doen sal ek hul iets gee om te doen wat by hul ouderdom pas.

Die internet is ‘n gevaarlike plek en verslawing daaraan ‘n werklikheid. Ek hoop werklik dat ouers na hierdie afgelope week die regte besluite sal neem t.o.v hul kinders se veiligheid en opvoeding van nou af. Ek weet ek sal.

Toodles!

13 thoughts on “No Momo / What if Momo?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s