Na die afgelope week se snaaksigheid met Marelize wat so lomp is en dit haar nasionale bekendheid laat erf het, het ek besef dat ons as Suid Afrikaners op hierdie stadium so desperaat is vir ‘n bietjie lighartige nuus dat Marelize se lompe gawe ons almal ‘n bietjie beter laat voel het.
En net so tussen ons, ek wonder of sy royalties verdien vir al die “merchandise” wat nou gemaak word a.g.v. haar ma se in die oomblik uitlating. Ek hoop so…
Ek het besef dat hoewel ons in ‘n land bly wat van alle kante af geteiken word met dinge soos korrupsie, vrot polonie, tekort aan elektrisiteit en water, gate in ons paaie, rassisme en vele ander, kan ons nog lag.
As daar een land se mense is wat kan rooi jellie gooi in donker tye is dit ons Suid Afrikaners. Dit hou ons aan die gang en dit skep hoop dat hoewel dinge om ons donker lyk, as ons kan saam lag kan ons saam oorleef. Ongeag ons kleur of kultuur.
Ek hoop dat jy vandag sal lag. Ek hoop dat jy uit jou maag uit sal lag. En as iemand wat jy nie ken nie lag, lag saam. Dit is ons son vir humor wat ons bymekaar hou.
Hier is ‘n paar wat my vanoggend laat lag het:
Toodles!
Dis waar Sonell, mens kan jou weg ooplag uit baie nare emosionele situasies. Die beste van alles is dat ons vir onsself kan lag.
Presies! Die geveg is halfpad gewonne as ons vir onsself kan lag.
Lag ek nou weer lekker! MfM!
😂😂😂
Net wat ek nodig gehad het…lekker gelag, dankie!
Ek is bly jou dag is gemaak. 🤗
Lag is die beste medisyne!!!
Netso!
Ware woorde hierdie, ons mense kan steeds lag.
Lag is medisyne.