Foto krediet: Simoné Schutte.
Hierdie week kry ek ook kans om deel te neem. Dit is mos skoolvakansie so ek hoef nie rond te ry en te jaag om my goete gedoen te kry In die oggende nie en ook nie langs die sportveld te sit in die middae nie.
So hierdie week se uitdaging: Eienskappe wat jou, jy maak.
Op 32 dink ek, ek het darem nou al my mind opgemaak oor wat ek wil hê uit die lewe en hoe ek myself sien.
My verhouding met my Jesus is my top prioriteit.
Rooi lippe. Almal ken my met my rooi bekkie en vra of ek siek is wanneer ek dit nie aanhet nie.
Ek is mal daaroor om saam mense te kuier, maar moet myself hewoonlik sielkundig voorberei, want dit kan al my energie tap as ek dit nie reg bestee in die geselskap nie.
Ek is mal oor my eie geselskap. Ek het myself op nuwe vlakke leer ken die afgelope paar jaar en het ek geleer dat my eie geselskap netso opwindend kan wees soos ander sin.
Ek is ‘n jeans en t-shirt tipe girl. Dit is gemaklik en kan op enige manier opgetof word.
Ek sal baklei vir dit wat reg is.
Ek is gefokus en wanneer ek ‘n doel wil bereik dan doen ek dit. Ek het al teveel ‘nee’ gesê vir geleenthede.
Ek loop doelgerig.
So prettig as wat ek kan wees so ernstig kan ek ook wees. Die geheim is om die lewe voluit te geniet en te waardeer vir dit wat dit is.
Ek het baie streng ‘boundaries’ en laat nie meer mense toe om oor my te loop nie. Ek laat ook nie meer mense toe om my te laat sleg voel oor myself nie. Ongelukkig het dit baie mense, selfs familie weggestoot, maar ek besef dat wat ander doen, dink of sê oor my het niks met my te doen nie en is net ‘n refleksie van iets in hulself wat hul pla.
So dit is ek in ‘n neutedop. Praat jy met ander mense oor my sal jy ook verskillende weergawes van my kry. Sommige sal sê ek is ‘n snob. Ander sal sê ek is vriendelik en inspirerend. Dit is bloot maar net omdat ek soos ‘n spieël optree wanneer mense met my tedoen kry. Jy kry die weergawe van my wat jy na my toe wys van jou.
Op 32 is ek sterk. Op 32 weet ek Wie my geroep het, teenoor Wie ek verantwoording doen en Wie my beloon.
Toodles!
Hier is die Inlinkz-skakel vir die uitdaging wat vandag om 12:00 pm open:https://fresh.inlinkz.com/p/6061e1ded6fa403bb328f7fe5decfe6d
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Vat so katvis!!! Jy is supercool en ek is vrek geëerd om in jou kringetjie deel te wees.
Dit is lekker met jou hier. 🤗
Vurig, vrolik en gefokus. Jy is ‘n pragtige vrou. Seëninge.
Baie dankie 🤗
Pragtig stylvol geskryf en aangebied, Sonell. Dis ń voorreg om jou te kan ken.
Dankie Una. Dit is lekker met jou in my sirkel. 🤗
Daai rooi bekkie moet jêm kry. Jy weet presies wat jy wil hê en as jy jouself toespits op jou drome, gaan jy ver kom. Ons hou jou dop!
Baie dankie Hester 🤗
❤ dit,wyse 32 jarige… goeie fondasie
Baie dankie. My ma en my ouma het my mooi geleer. ❤️
Ek het nog altyd gedink jy is ‘n jong vrou met baie murg in jou pype! Ek is mal oor jou rooi lippe en dink dis ‘n teken van iemand wat nie skaam is vir wie sy is nie.
Sjoe, jou woorde beteken meer as wat jy dink. Baie dankie*