Wat is in my yskas.

Hierdie is ons yskas. Volgens Hester met hierdie week se blog uitdaging verklap die inhoud van jou yskas nogal baie oor jou menswees.

Wel… as ek die storie so kyk sê my yskas net eenvoudig sy is deurmekaar en weet nie wat sy wil eet. 😂 Of haar kinders weet nie… Tenminste is die magnete redelik netjies.

Nietemin. Ons is besig om ons yskas te herorganiseer, want ons is op ‘n gesonder leefstyl. Daardie plan met die foto? Dis hy daardie. Nie ‘n dieët nie, want ek weeg niks en meet niks af nie. Ons eet net slim vir gewigsverlies.

In my yskas sal jy altyd kaas kry. Kaas en eiers. Daarmee kan mens nogal ‘n paar goete doen. Daar is ook suiker en meel en melk en halwe bottels souse. My man hou baie van souse. Daar is tuisgemaakte sout klei. Die yskas hou dit sag, anders word dit hard. Daar is ook blaarslaai wat ek vooraf opgechop het vir die hoender slaai middagetes hierdie week.

In my vrieskas is daar groente, wat blykbaar net daar is vir die show. Daar is hoender borsies. Steak repies. Gevriesde pizza. Daar is gevriesde eier muffins en ysies.

Lyk vir my maar taamlik deurmekaar, maar ons eet elke dag genoeg en van als. Dit sê duidelik jong gesin wat probeer sin maak uit die lewe en dit is heel ok.

Vir die resep sal ek ‘n skakel plaas na my vorige blog oor die eier muffins. Hier is hy: Easy omelette

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/f651aca5342f4bb9afec003e5aab6321

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Toodles!

11 thoughts on “Wat is in my yskas.

  1. HesterLeyNel sê:

    Ja ek wonder ook, hoekom klink die inhoud van ander mense se yskaste en hulle kos altyd soveel meer interessant as jou eie? Dankie vir die muffin-resep. Ek versamel hierdie soort vinnige, maklike reseppies altyd net voor my kinders kom kuier, want vaderland, hulle vreet soos ruspers en krap altyd my yskas om vir iets om te eet. Alle sukses met die nuwe eet-regime.

    • sonell sê:

      Ha ha! Ja, hierdie vinnige reseppies is wonderlik met die kinders in die huis. Ek maak selfs pofferige roer eier in die mikrogolf. Dit vat maar 1,50 minuut.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s