Ouerskap.

Elke ouer kry ‘n dag waar hulle laer voel as slang bollie. Waar hulle soos die slegste ouer op hierdie aarde voel. Want jy weet, soms moet jy maar die bad guy wees.

Tans is hierdie twee harte van my se gunsteling frase om te sê wanneer ek met hul raas:

“Ek gaan vir my ‘n ander mamma kry!”

Wat dan gevolg word deur ‘n vreeslike hartseer huil en uit die vertrek storm waarop ek dan antwoord met:

“Fantasties! Dan kan sY maar julle nonsens opvreet.”

Dan sal ek soos slang bollie voel en hulle sal bietjie later terugkom met:

“Ek wil nie ‘n ander mamma hê nie.”

Gevolg met liefies en drukkies.

Maar weet jy, as dit van my ‘n slegte ouer maak omdat ek hulle wil maniere leer en leer om onafhanklik dinge vir hulself te doen dan moet dit maar so wees. Ek is hier om hul mamma te wees en nie hul maatjie nie. Ek moet hul grootmaak sodat hulle ander met respek sal behandel, God sal eer in alles wat hul doen en om Hom lief te hê met alles in hul.

So lees ek in Lukas 2:46 nou die dag dat Josef en Maria eers ná 3 dae se gesoek vir Jesus gevind het. Kyk… en met alle respek gesê. Toe voel ek ook sommer beter oor my manier van ouerskap, want hulle het die Seun van God verloor vir 3 dae lank! Toe voel ek beter oor myself. 😂 Tenminste het hulle na hom gesoek, maar in vers 48 was dit NOG erger.

In Lukas 2:48 blameer hulle vir Jesus omdat hy weggeraak het… seriously? Jy is sy aardse ouer, jy moes mos kyk dat hy by jou is… Nou ja toe. Ek dink ek en Maria en Josef gaan eendag baie lekker stories uitruil. 😜

Ouerskap is nie vir sussies nie.

Toodles!

8 thoughts on “Ouerskap.

  1. HesterLeyNel sê:

    Nee, dis nie vir sissies nie. Kan ek jou iets vertel? Dit word ook nie beter wanneer hulle ouer word nie. Ek hoop nie ek het nou jou dag geruïneer nie, maar nou weet jy – jy moet altyd die wapenrusting aan hê, jy mag dit nooit weer uittrek nie. Maar dis darem ‘n mooi uitrusting, met groot betekenis, nè?

  2. lizamroux sê:

    Inderdaad nie. My dogtertjie het gister ‘n chilli in haar mond gedruk, van die soort wat ek nie eers ‘n klein stukkie in ons kos durf sit nie. Na ‘n halfuur se gille, ‘n bloedrooi, geswelde gesiggie, suiker in die keel af, melk, ‘n stort, raadop wees, coconut oil wipes (dit het die heel beste gewerk fiy) het ek haar hande uiteindelik in ‘n handdoek teen haar lyf toe gedraai sodat sy nie sal vryf nie. Lollos aangesit en happies Astros balletjies gevoer met melk… Uiteindelik kalmeer sy en is heeltemaal fine. In die proses om noodhulp te vind vir die probleem sien ek party ouers gee hul kinders chilli poeier as ‘n straf. Hoe siek is dit? En blykbaar lewensgevaarlik. Nee wat. Jy is ‘n wonderlike ouer!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s