10 jaar se baljaar.

Vandag is ‘n ekstra spesiale dag. Vandag 10 jaar terug het my man my gevra om sy meisie te wees.

Ek onthou nog soos gister hoe ek op ons eerste afspraak my hele pedigree op die tafel gelê het. Van A tot Z. Ek was moeg vir speletjies speel en wou trou en babas grootmaak. Daarom het ek besluit dat as ek op ‘n afspraak met iemand gaan en my alles bieg sal die regte een nie weghardloop nie. Ek het hom ook sommer daardie aand laat verstaan dat hy kan nie sommer net aan neem ons is ‘n paartjie nie. Hy sal my moet vra om sy meisie te wees…

En so was dit met hierdie man van my.

3 dae na ons eerste afspraak het hy my gevra om sy meisie te wees.

Vandag 10 jaar later kan ons sê ons het dit oorleef en sien uit na nog baie avonture saam, want dit is presies wat dit is.

Hier by ons 7de en 9de jare saam het ons swaar getrek aan struikelblokke, maar ons het vasgebyt. Ons is dankbaar vir mense in ons lewens wat wyse inspraak kan lewer. Mense wat ons wéét wat vir ons bid. Mense wat ons wéét God se stem hoor. Mense wat ons kan vertrou.

Dit is wat belangrik is. En ek dink, dalk is ek nog ook onkundig wat verhoudings en huwelike aanbetref, maar vir ons het hierdie raad gewerk. Om jouself te omring met mense wat bereid is om julle as paartjie toe te vou in hul gebede. Met wysheid raad te gee. En objektief bly indien jul ‘n struikelblok moet oorkom.

Wat vir ons werk is ons is ALTYD eerlik en lieg nie vir mekaar nie. Ons praat die waarheid. Selfs al sal dit seer maak. Die doel is nie om seer te maak nie. Die doel is om te vermy dat ‘n leun ‘n sweer vorm wat kan lei tot groter skade.

By ons bestaan die eie ek nie. By ons bestaan net die ander een. Ja, dit is nodig om tyd vir jouself ook te maak sodat jou eie emmer ook vol bly, maar ons is nie selfsugtig nie. Ons gee en ons neem ewe veel.

10 jaar bymekaar, 8 jaar getroud, 3 huise, 3 motors en twee kinders later. Nou wag daar weer selfs ‘n groter avontuur en ook uitdaging vir ons 15 000km oor die see.

Ons is net dankbaar vandag. As ons die storms kon oorleef wat ons het, en daar was baie met baie detail wat ons nooit hoef te deel nie, maar as ons dit waardeur ons al is kon oorleef kan ons beslis dit wat kom oorleef, want die Here is ons rots en ons anker en die Kaptein van ons huweliksboot.

Toodles!

8 thoughts on “10 jaar se baljaar.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s