Kyk jy na hierdie foto sal jy nooit sê dat ek onseker kan wees nie. Jy sal nooit sê dat ek in myself of my vermoë twyfel nie.
Wel, dit is juis dit. My grootste uitdaging is dat ek soms, die afgelope rukkie meer, in myself twyfel…
Ek weet, ek weet. Ek het julle almal lekker geflous al. Ek was nog altyd ‘n aktrise van formaat en kan die selfversekerde ek rol al toe oë speel. Ha ha!
Ek gaan so bietjie deur ‘n ding die afgelope ruk waar ek nie so seker is of my vlogs en blogs enige impak maak nie. Nee, ek het nie konstante komplimente nodig om my te verseker dat ek nog oraait is nie, maar ek twyfel soms in my vermoë om hierdie beroep deur te haak.
Gelukkig weet ek dat ek nie die enigste een is wat in hulself twyfel nie. Moses het in homself getwyfel toe God hom na Egipte gestuur het. Jona het getwyfel in homself toe hy na Nineveh moes gaan. Josef het getwyfel toe Maria vir hom sê sy is swanger, maar was nog nooit saam ‘n man nie.
Die punt is, maak nie saak hoeveel jy in jouself of jou eie vermoë twyfel nie, niks is onmoontlik by die Here nie. Hy soek juis díe wat nie vanself sterk is nie, want wanneer ons swak is kom sy volle krag in ons tot werking.
So as jy dalk vandag in jouself of jou vermoë twyfel, moenie alleen voel nie.
Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee.
Toodles!
Die getwyfel in jouself, ek sukkel ook op die oomblik daarmee, Sonell. En dit op my ouderdom!
Dis heeltemal menslik om in jouself te twyfel. Wat dit erger maak is dat almal maak of hulle in beheer is en dan dink jy jy is die enigste een wat sukkel. Intussen is dit alles maskers waarmee almal van ons loop. Moenie dat ander se selfvertroue jou flous nie. Jy is pragtig netsoos jy is!
Ek kan dit beslis nie beter stel nie. Ek dink ons almal trap soms in hierdie twyfelgat.
Dit is so waar wat jy sê. Dankie 🤗
Ou Sonellie, ek weet presies waarvan jy praat, 🙂
❤️
Ek dink nie die werklikheid lyk ooit soos ons gedink het dit sal nie. En dan begin mens twyfel. Ek is so bly jy het eintlik reeds die antwoord. Mag jy eendag (gou) terugkyk na hierdie tyd en weet dat jy tog reg was.
Baie dankie 🤗