Woordsnoer 4: Towerin straat 15. Rebusfontein.

Dit is ‘n blinke sonskyn dag en na ‘n diatribe met my man en kinders het ek besluit om saam die Towerinne te trek na Rebusfontein. Ek stop met my tjorrie se skreeuende wielle dood voor huisie nr 15. Rebusfontein is fraai. Elke Towerin huisie uniek. Hier sal ek aard. Hier in #MiddelMzanzi. Ek skakel die radio af wat al die pad DJ Ossewa geblêr het. Hang my elmboog by die venster uit en bekyk my nuut gevonde woning van bo na onder.

Oulike plekkie. Kort bietjie kleur, maar die lyne trek my aan. Rats spring ek uit my tjor en laai die tasse af. Ek bang mos nie man en muis nie. Reis is my forte.

Dagsê” Hoor ek ‘n vriendelike stem roep. Lekker vurig waai vurig aan die ander kant van die spekboom heining vir my. “Hallo!” Roep ek terug. Die are in my nek nog sigbaar oor die diatribe. “Hoe gaan dit?” Vra Lekker Vurig. Ek moet eintlik die bal aan die rol sit vir hierdie intrek, maar laat ek eers gaan groet. “Nee jong ou vurig. Ek sing die blues vandag.” Hande in haar sye vra sy “Nou hoekom?” “Jong, die saak staan so.” Ek begin met my hande beduie. Die Pergola by ons tuin hek wil my man laat skuif, maar ek wil nie. Dit is nou net mooi toegerank deur ons pienk rank rose en nou wil hy dit skuif. Dit staan al al die jare daar. Wat die kinders aanbetref…” Ek sug en rol my oë so erg terug ek kan my rug graat sien. “My oudste is nou eerste jaar op Universiteit. Met dit saam het hy mos nou lang hare bygekry en houding. My jongste is nou in Standerd 9 en daarby saam hormone EN ‘n boyfriend.” Ek sug. “Toemaar vrou. Jy het my Innige simpatie. Hulle gaan jou mis.” Troos Lekker vurig. “Ons Sigeuners sal na jou omsien.” “Dankie Vurig. As die vlinders in my maag net kan bedaar. Gelukkig het die kleur skakerings in my kop vir my nuwe mure en deure my aandag afgelei hierheen.” “Nou ja toe, laat jy intrek. Ons is twee regte babbelkouse.” Skerts Lekker Vurig.

Ons stap in teenoorgestelde rigtings. Ek stop ‘n rukkie en bekyk weer die huis. Hy het beslis kleur nodig.

************************************

Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasievonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord(e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

Advertisements

42 thoughts on “Woordsnoer 4: Towerin straat 15. Rebusfontein.

  1. Toortsie sê:

    Is macrame nou weer die inding? Lekker! Jare gelede het ek potplanthouers geknoop, nooit so ‘n groot projek soos ‘n hangmat nie. Dalk moet ons dit weer probeer as ons net ‘n goeie patroon in die hande kan kry.

  2. HesterLeyNel sê:

    Dis ‘n oulike huisie Sonell em jy het wondere verrig met die décor. Ek is so bly jy het besluit om in te trek. Jou kinders is al mooi groot (universiteit en st.9, sjoe!) en kan na hulleself omsien. hier op Rebusfontein kan jy al die rus kry wat jy verlang.

  3. woordnoot sê:

    Welkom, welkom by die Towerinne….jou huisie is pragtig van binne en buite….mag ek maar op daai blou stoel kom sit en koffie drink?

  4. Kameel sê:

    Oulike huis Sonell, met interessante bybehore. Hoe voel dit om die ma van tieners te wees 😂😂😂 Ek verstaan hoekom jy Rebusfontein toe gevlug het. Welkom!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s