Eenig in my soort.

Hierdie jaar skryf ek min. Die woorde het effe opgedroog en die druk is hoog. Graad een parrabeen is nie ‘n maklike speletjie nie en ek doen self ondersoek.

Ek dink baie en evalueer heeltyd my vordering. Dalk is ek net te streng op myself. Ek wil so graag beter wees as die persoon wat ek gister was. Dit sal gebeur.

Maar as daar een ding is waarvan ek verseker is, is dit dat ek uiters aanpasbaar is. Ek kan maklik van een punt na ‘n ander beweeg en aanpas. Soos ‘n verkleurmannetjie. Dalk oor my ondervindinge as kind se konstante rond trek. Sulke ervaringe het ‘n manier om mems ‘n les of drie te leer. Streetwise noem hulle dit.

So môre vang ek graad! Ek sien uit daarna. As die eerste een in ons ouers se huisgesin wat graad gaan vang maak dit my ook ‘n Transitional Character.

Ek is ook ‘n Transitional Character m.b.t my familie se geskiedenis van egskeidings en ongelukkige huwelike. Toe ons huweliks boot amper sink soos die Titanic het ek en die hubster vasgeklou en getrou aan mekaar en God se Woord gebly en dit ook oorleef. Nou het ons nuwe skip die Amerikaanse vlag op. 😄

As daar iets is wat my hart absoluut begeer is dit om hierdie jaar in ‘n selfs dieper verhouding met die Here in te beweeg. Ek het ‘n ongelooflike honger om nog meer van Hom te sien, ervaar en leer.

Toodles!

Advertisements

7 thoughts on “Eenig in my soort.

  1. travel460 sê:

    Sonell, soos soveel keer vantevore wil ek weereens vir jou sê ek is baie trots op jou. Jy is ñ jong vrou so na God se hart en ñ voorbeeld vir selfs ouer vrouens. Ek glo jul planne gaan wonderlik uitwerk juis omdat julle gekies het om die pad saam met Hom te stap.

  2. woordnoot sê:

    Baie geluk Sonell!!! Sjoe, daai foto spreek boekdele. Baie geluk met jou graad. Jy is vir my n voorbeeld van vasbyt en ‘n sukses maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s