Foto: Google.
Hallo julle,
Ek ervaar UITEINDELIK ‘n deurbraak deur my skrywer blok. Die afgelope twee maande, dalk was dit langer, het dit gevoel asof ek my kop teen ‘n muur stamp. Dit was dol leeg. Die woorde vir my nuwe boek het my ontgaan en ek was in ‘n donker grot. Maar ek het aanhou loop. Aanhou navors. Aanhou lees. Bietjie vir bietjie gekap kap kap. Tot dit gebeur het.
3 dae terug het die woorde so bietjie, bietjie by my kom kuier. Die woorde kiza sag op my neer en ek is dankbaar hiervoor. Dankbaar vir verbeelding en my karakters wat besluit het om hul verhaal verder te kom vertel.
Nou gaan ek eers ‘n breuk vat uiteindelik by die Rebusfontein feestafel en saam almal se lekker en nie so lekker mense kuier en my trommel dik eet aan almal se lekkernye. Hoop maar hul hou van my broodjie ook. 🤗
Toodles!
Aaaahhh, jy gaan saam met ons intrek en kuier!!!
Ek is so bly oor die woorde wat gekom het en die karakters wat hulle ware kleure wys en Rebusfontein! Ons wag al vir jou! 😊
Ek is op pad! My broodjie het effe verbrand, maar hier kom ek. 😆