Ons vier fees!

Foto’s geleen by Vuurvlieggie.

Die Towerinne is in rep en roer. Almal kook en gaan tekere. Ons kook nie net in die kombuis nie. Ons KOOK ook in die kombuis. 😆

Ons is vuur warm en toe slaan my brood aan die brand…

Hier is die reseppie vir as jul dit dalk wil probeer.

Mengelmoes broodjie

1 sakkie brood deeg.

1 koppie verkrummelde fetta kaas

1 tee lepel fyngekapte knoffel

1/2 koppie fyngekapte uie

2 koppies gerasperde kaas

Italiaanse speserye na smaak

Sout en peper na smaak

Metode

Voorverhit die oond op 200 grade Celcius.

Rol die deeg langwerpig uit. Sny repe aan beide kante.

Braai die uie en knoffel in bietjie olyfolie en strooi in die middel van die deeg van bo na onder. Strooi ook die speserye, kaas en feta oor.

Vleg die deeg se repe oorkruis toe en bak in die oond tot goudbruin.

Daarsy, my broodjie was in die oondjie. Toe besluit ek om myself te beloon met ‘n koppie koffie. Ingedagte tuur ek by die venster uit. Al wat ‘n Towerin is, stap vrolik juigend met hul kossies af na die feestafel. Hier op Rebusfontein vier ons die lewe! Alles is ‘n fees.

Ek wag nog vir my gas ook. My tannie wat so klompie jare gelede oorlede is. Annemarie. Sy was ook ‘n motiveringspreker. Ek sal met haar wil gesels oor my reis op hierdie pad tot dusver. Ek weet sou trots wees en ek weet ook sy sou my van die druk waarsku wat kom. Sy behoort nou enigetyd hier te wees.

Ek vat nie iemand saam waarvan ek nie hou nie. Daar is nie regtig iemand waarvan ek nie werklik hou op hierdie stadium nie. Indien ek iemand sou saamneem sou dit ‘n politikus gewees het. Ek dink hul is tans op ons almal se stoute lys. Daarom het ek besluit om nie iemand saam te neem nie. Ek sou heel moontlik iets doen wat ons emigrasie proses so belemmer.

Net so ingedagte daag my tannie op by die voordeur. Ek hardloop haar tegemoed en omhels haar. Trane in ons albei se oë.

Dan ruik ek dit…. Die brood! Ek hol so gou ek kan kombuis toe. Pluk die oond oop en daar is hy. Net net swart. “Toemaar! Als is okay. Ek kan hierdie afkrap.” Die brood is warm. Ek gooi dit heen en weer tussen my hande. Dit val amper op die vloer, maar net betyds plons dit neer op die kombuistafel. Ek krap en krap en krap. Swart krummels oral. Uiteindelik lyk dit beter. Dit ruik nog gebrand, maar die binnekant behoort eetbaar te wees.

“Nou ja. Hier gaan ons.” Ek en my tante stap die pad af na die feestafel. Giggelend oor my broodjie in die oondjie, maar dankbaar dat ons mekaar weer kon sien.

Lekker eet vriendinne!

Om ander deelnemers se bydraes tot hierdie bloguitdaging te lees, volg hierdie skakel:
https://fresh.inlinkz.com/party/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

The post Ons kook kos vir die feestafel op Rebusfontein appeared first on Dis Ekke.

Advertisements

15 thoughts on “Ons vier fees!

  1. HesterLeyNel sê:

    Welkom by die tafel Sonell. Jy het duidelik baie verlang na jou taniie se teenwoordigheid en ondersteunng. Bly om haar te ontmoet. Ek hoop julle twee sal ons help om die ander minder welkome gaste in toom te hou! Jy het ‘n interessante idee beet met hierdie broodjie. Ek gebruik gewoonlik net die deeg vir vetkoeke of braaibroodjies.

  2. Una sê:

    Sonell, bêre vir my ń stukkie aanbrandsel! Saam met ń homp regte botter is dit heerlik. Sny net effe dieper sodat ek die broodjie ook kan geniet.

  3. Kameel sê:

    Oulik geskryf!!! Ek sal van jou broodjie probeer al wil my maag nie brood hanteer nie. Jy het hom egter goed hanteer so warm uit die oond uit 😂😂😂😂 Miskien kry ek ook ‘n geselsie met jou tannie in…klink na ‘n aangename mens.
    Nou wonder ek of jy nie Toortsie se mensbroodjie moet hanteer nie….sy kom ook so warm uit die oond uit 🤔

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s