Amper daar!

Die afgelope paar weke was rof. Dit was besig. Niks in ons roetines het werklik verander nie, slegs dat ek nie nodig gehad het om aandetes te maak en vir die hubster koffie in die bed te gee nie. Oja, ek het ook nie koffie in die bed gekry op ‘n Saterdag nie… 😜

Dit was meer besig, want ek moet natuurlik albei kinders ORAL saamneem waar ek gaan, dus kon ek slegs in die aande nadat hul gaan slaap het en elke Dinsdag en Donderdag oggend bietjie alleen tyd hê vir myself om my batterye te herlaai.

Ek sit of kniel nou wanneer ek gaan slaap om te bid ook, want as my kop die kussing raak is ek weg in droomland. Dit is eintlik hoe dit moet wees. Kniel om te bid. Iets waaraan ek moes werk en my luigeid in my sak steek. Dit hou my ook wakker en gefokus.

Ek sê ek is net elke Dinsdag en Donderdag alleen in die oggende, want die ander dae is Busi en Schadrak hier so dan kan ek nie alleen wees nie.

Ek dink dit was my grootste uitdaging in hierdie tyd. Baie mense het my gevra of ek cope en of ek okay is, maar soos ek sê, ons roetines het dieselfde gebly. My grootste uitdaging was om te cope sonder om werklik ‘n kans te kry om my batterye te herlaai en stilte vir my ore te kry. So goed soos ek funksioneer wanneer dit besig is en almal raas, so nodig het ek my alleen tyd.

Ek vermoed ek is ‘n hoëfunksionerende introvert. Ha ha ha! Hoe snaaks klink dit, want jy sou dink ek is ‘n ekstrovert wat heeltyd met mense wil kuier en kommunikeer ens, maar ek verkies eintlik die stilte van my huis. Ek dink baie en diep dinge. Ek hou van my eie geselskap. Soms, net soms dink ek, ek is nogal slim. Ha ha ha ha! Net ‘n grappie. Mens leer elke dag. Jy weet nooit alles nie.

Wat ek die meeste mis hierdie tyd is natuurlik vir die hubster. Ons gesels nie altyd heeltyd wanneer hy by die huis is nie, maar hy is daardie ekstra asem wat aan die wa trek en om met hom te gesels doen my siel altyd goed. Hy kan ook diep dinge dink. Al praat ons die afgelope 5 maande net Amerika en gaan dit ook vir die volgende paar maande ook ons enigste gesprek tema wees is dit heeltemal okay met my.

Ons is werklik twee mense met feitlik niks ingemeen nie, behalwe ons lus vir die lewe en avontuur en ons onbeperkte liefde vir mekaar. Dit maak ons huwelik interessant. Ons wil van mekaar leer en dit hou nooit op nie. Dit maak dit lekker om bymekaar te wees.

Nou ja, julle kan hoor hoe verlang ek. Maandagmiddag kan nie gou genoeg kom nie. Ek gaan rustig lughawe toe ry, hom daar oplaai en weer terug ry.

Self.

Want ek is ‘n onafhanklike vrou wat vir niks bang is nie en almal wat dink ek kan niks self doen nie verkeerd bewys. 😂

Dankie vir almal wat omgegee het en gevra het of ek regkom met die kids so op my eis, julle is my tipe mense. Ek waardeer dit. ❤️

Toodles!

P.s. Vandag het ek bietjie tyd op my eie, so ek kan in die Winter son my batterye herlaai. 🤗

Advertisements

10 thoughts on “Amper daar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s