Vry om te kies.

Hierdie gesegde kom nou al heel week my pad langs. En elke keer dink ek meer daaroor.

In Deut. 30:19-20 lees ons hierdie.

“Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die Here jou God lief te hê, na Sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die Here aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee.”

Jy het ‘n keuse. Wanneer jy ‘n keuse oor iets moet maak sal die Here altyd vir jou die wysheid gee om die goeie en die slegte te sien. Ek is seker jy sal ook die nagevolge weet, sou jy die verkeerde keuse maak. Hoewel ons dit nie altyd wil erken nie, het ons, ons eie wil en kan ons, ons eie keuses maak en baie maal maak ons hierdie keuses sonder om die Here te raadpleeg en Hom deel te maak daarvan en dan loop ons onsself vas teen ‘n muur en wil dit dan op iemand anders blameer.

Dit werk nie so nie. Iemand sê onlangs vir my as ons die verkeerde keuse wil maak sal die Here die deur vir ons oophou en sê ons moet gaan. Ek wil ‘n soliede NEE skree daar, want Jeremia 29:11 sê dan dat Hy vir ons ‘n hoopvolle toekoms wil gee. Waarom dan sal Hy vir ons sê “Gaan nou maar, maak jou verkeerde keuse.”

Dit werk nie so nie. Jy het jou eie wil gekry en nog boonop kan jy jou eie “common sense” ook gebruik om keuses te maak en as jy die verkeerde keuse maak moet jy die gevolge dra. Dit is JY wat die keuse gemaak het.

So volgende keer as jy weer voor ‘n keuse te staan kom, maak jou somme. Skryf die nagevolge neer. Kies die lewe!

Toodles!

Advertisements

5 thoughts on “Vry om te kies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s