Nooit gedink nie.

‘n Baie oulike tannie wat my ken vandat ek ‘n hoërskool meisie was wens my geluk met my graad ens. Sy noem toe ook dat sy nie gedink het ek sou dit kon doen nie.

Kyk, vir my is dit die grootste kompliment wat ek kan kry.

Ek onthou waar ek emosioneel, sielkundig en geestelik was toe ek begin studeer het. My jongste was skaars twee maande oud en ‘n paar maande nadat ek begin studeer het, het ek Karoo Vryheid geskryf. Dit was die besigste 3 jaar van my lewe! Ek het ook begin met my video’s op Facebook. 🤦🏼‍♀️ En as ek terugkyk sou ek ook gesê het, “Hierdie girl gaan dit nie maak nie.”

Maar weereens, hoewel daar baie storms gewoed het. Met die kinders. In my huwelik. In my gemoed. In my geestelike lewe. In my menswees. In my boekskryf. In my daddy issues. In my lewe, is ek van een baie beslisse ding seker. Deur dit alles het die Here my gedra. Sy genade oor my uitgestort. Sy genesingshand deur my gemoed, emosies, wil en intelek laat beweeg. Deur my huwelik ook. Deur dit alles het Hy my gedra.

Kyk ek terug na my kinderjare sou mens ook sê, hierdie kind moes te gou grootword, maar ek het gekies om bo alles uit te styg. Nie omdat ek dit in my eie krag ooit sou kon doen nie, maar omdat ek geweet het dat ek hierdie wedloop van die lewe nooit alleen sal hardloop nie, maar dat die een wat my geskape het dit saam my doen.

Alles wat ek is. Alles wat ek het. Alles wat ek sal word vir Sy Koningkryk is net genade en daarom sal ek Hom altyd al die eer gee.

Toodles!

Advertisements

7 thoughts on “Nooit gedink nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s