Probleme los mekaar op. -Om die Rebusfontein tafel.

Wat ‘n fees! Die tafel was pragtig gedek. Vroulik met heelwat Towerin styl. Ek was mal oor die blomme en kerse en my tannie wat saamgekom het, het dit terdeë geniet om al die Towerinne te ontmoet wat in my aanlyn lewe soveel impak het op my.

Ons het elke gas ‘n kans gegee om tussendeur die etery hul storie te vertel. Die kos was natuurlik lip-lek-lekker. Ek kan nie uitsonder watter een se resep die lekkerste was nie. Ons het op servette foon nommers uitgeruil met die gaste wat geskryf was met die gebrande stukkies van my brood.

Soos ek genoem het, het elke gas hul stories gedeel. Elkeen het mooi en hartseer herinneringe gedeel.

Daar is een ding wat vir my baie opvallend was. Elke gas wat oorgenooi is waarvan ons nie so baie hou nie het seer. Seer mense maak seer. Adolf as ek reg verstaan was van Joodse afkoms en was onderdruk. Daarom het hy onderdruk. Die Kardashians soek aanvaarding. Nataniël het ook sy eie seer storie gedeel.

En ek het iets besef. Liefde en aanvaarding kos niks. Waarom is ons so suinig daarmee vir mense wat dit so nodig het. Nee, dit regverdig nie hul seermaak aksies nie, maar dit leer ons iets. As ons meer vrygewig kan wees met sagmoedigheid en liefde vir ander, sal dit nie die wêreld ‘n rustiger plek maak nie? Makliker vir mense wat seergemaak is en dan in ruil sal hul ook kies om nie seer te maak nie?

Luisterend na almal se verhale het my ook nog iets laat besef. In die lig van ander se uitdagings is my eie uitdagings veel kleiner.

Toodles!

As jy wil saam speel: Lees Hester se instruksies hier:

Kyk, die gaste by Ons feestafel by Rebusfontein het groot pret opgelewer en ook baie marankas voortgebring. By Rebusfontein leef ons mos in technicolour en moelikheid groei soos soetpatat aan ‘n rank.

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om aankondigings van die nuwe onderwerpe te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Hierdie is deel van Las jou storie aan by hierdie InLinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/f68a9fa9110148b1ab92181b21eb7d51

Advertisements

8 thoughts on “Probleme los mekaar op. -Om die Rebusfontein tafel.

  1. HesterLeyNel sê:

    Jy’s reg, innerlike pyn bepaal dikwels hoe jy teenoor ander optree. Maar die meeste van ons leer darem om briek aan te slaan wanneer ons gevoelens met ons op loop gaan en stoomroller bo-oor alles in ons pad. Ongelukkig is daar mense wat soms hard in die bek geruk moet word.

  2. perdebytjie sê:

    Wat ‘n uitstekende plan om op papierservette te skryf met gebrande roosterbrood…kostelik!
    Elkeen het seer in die lewe en die manier waarop mens dit hanteer, maak of breek die persoon. Uitstekende skryfsel, Sonell!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s