Lê jou eier: Woordsnoer 5.

Welgeluksalig

Welgeluksalig is die een

Wat met wange rooskleurig

Wink vir die toekoms.

Frappant stap ‘n kalant

Hoehaai kom ons trou!

Jakkalstroureëntjie

Bring ‘n kleintjie.

Droomverlore werk die kalant

Die kleivore.

Wyd

Tot met Herfstyd.

Vriendskapverbond laat

Trou beloftes ontlont.

Steekbaardhond staan hy daar

Hoed in die hand

Die lawwe kalant.

Skil sy perkes af

Tjoepstil.

Elkander wonder

Wanneer die volgende hoehaai

Sal inwaai.

Abba is genadig,

Sy ook.

Gou sal hul weer lag.

Tot douvoordag.

Sonéll v. Niekerk. 19/06/2019

Rymsnoere:

geluksalig rooskleurig

*frappant kalant

fantasia kamelia

jakkalstroureëntjie kleintjie

droomverlore kleivore

herfstyd wyd

vriendskapverbond steekbaardhond

tjoepstil afskil

*hoeihaai inwaai

elkander verwonder

verfyn skyn

abba samba

lag douvoordag

*ronkedoor skoor

*FRAPPANT (OOGLOPEND, OPMERKLIK, OPVALLEND) 

*HOEIHAAI (BOHAAI)

*RONKEDOOR (ALLEENLOPEROLIFANT OF ASOSIALE MANLIKE PERSOON)

*****

So maak mens :

Jy kan ‘n enkele stel woordsnoer rymwoorde as inspirasie vonk gebruik, of al die rymwoorde – nes jy lus het.

Tower dan jou rym. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Ons uitdaging strek oor twee weke, 20 Junie sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!https://fresh.inlinkz.com/p/86350a0e80e643788015a86178e3b125

Lekker snoer.

Advertisements

15 thoughts on “Lê jou eier: Woordsnoer 5.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s