“Ek moet eers lipstiek”

Dogtertjies.

Dogtertjies is snaakse troeteldiere. Hulle is vrek duur. Dit is soos om ‘n beste vriendin te hê wat dink dat jy ‘n miljoenêr is.

Deesdae hoor ek heeldag elkedag: “Jy moet dit vir my koop.” “Jy moet dat vir my koop.” “Gaan jy dit in Amerika vir my koop?” “Ek soek baie slym.” “Jy moet vir my make-up koop.”

My kop zir met die gedagte daaraan.

Vanoggend trek ek haar aan vir skool. Voordat ek kan begin sê sy: “Ek moet eers lipstiek.” Dalk het sy moed nodig om die koue aan te durf…

Dan die vloekwoorde… Nee, nie woorde wat sy sê nie, maar blykbaar is elke tweede woord wat die hubster, ek of ouboet sê ‘n vloekwoord. Mensig tog!

Flippet. Flippen. Vrek. Vrekken. Hallo. Koebaai. Eet. Bad.

Blykbaar gaan sy alles vir haar juffrou sê ook, want haar juffrou is die slimste mens wat sy ken.

En die mees gevreesde woord: “Middagslapie”.

Sê ek daai een bars albei kinders soos ‘n koor in trane uit! Blykbaar is ‘n middagslapie soos die doodsvonnis. My skoonma sal kan getuig daarvan. Een Sondag eet ons oudergewoonte weer by hul en op pad uit sê ek: “Julle gaan nou ‘n lekker middagslapie vat.”

Genade!

Albei huil snot en trane asof hulle tot dood veroordeel is. Ek rol maar net weer my oë sodat ek my ruggraat kan sien, want enigiets is beter as hierdie trane.

Boeties en sussies kan iets vreesliks baklei oor elke ding. Ek het gedink net boeties of net sussies maak so, want ek en my boetie het nooit baklei nie. Maaind you ek is 5jaar ouer as hy…

Maar hierdie twee van my! Gister baklei hulle oor wie het die monste tv gekyk al gister. Vanoggend weer wie se beurt is dit om hulle stories te kyk. So nou mag hul gladnie tv kyk tot Saterdag.

Kinders grootmaak is nie vir sissies nie en ironies genoeg is ons net sussies wat kinders grootmaak…

Die spreekwoord moet eintlik lui: Kinders grootmaak is nie vir bangbroeke nie…

Ons sussies is tawwer as wat hul dink. (Ek weet ek weet, die woord is sissies.)

Nou ja toe. Ek sit weer by Binne land se sake. Wag nou eers om te betaal, dan sal ek gestuur word na die geboortesertifikaat afdeling waar ek gister gesê is om eers heen te gaan en na ‘n uur en half se wag gesê ek moet eers betaal en toe is hul van lyn af.

Vandag moet ek my selfbeheersing vrugte dra…

Toodles!

P.s. Hulle is sopas weer van lyn af. Hier sal ek vandag sit tot hulle my help. Vandag trek ek ‘n Claudette Colvin op my…

11 thoughts on ““Ek moet eers lipstiek”

  1. Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre sê:

    O kosbaar. My meisiekind was drie toe wil sy al self klere kies…drama! Maar ons het die grootword berge uitgeklim en vandag is sy my beste vriendin! Dis die beloning Sussie! Sterkte, met Binnelandse Sake, eerder jy as ek. Blog, lees, bid en kry die proses verby by die burokrasie!

Laat 'n boodskap na woestynkind Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s