Katte skiet!

Is dit net ek of gaan dit soos by ‘n dieretuin by ons hierdie week?

Nee, ons het nie regtig katte geskiet nie, maar laasnag so by half 12 word ek wakker geroep deur ouboet.

“Mammaaaaaaa!”

Wakker geruk uit my droom spring ek op. Die man het ‘n kat geskiet langs sy bed. Ek dink, “Ag net nie dit nie. Nie nou nie.” Gelukkig nie op die beddegoed nie, maar ook ongelukkig, want ‘n kombers is makliker om skoon te maak as die mat.

Terug by ouboet. Geen koors, maar die man is bleek. “My maag pyn.” Ag heng dink ek. Maag griep. Ek was nou die dag in kontak met iemand, maar dan sou dit mos vroër kop uitgesteek het… “Kan ek by julle slaap?”

“Ja babes. Maar moet net nie in my bed opgooi nie…” “Ok mamma”.

Waar in die lewe vra jy, jou naar kind om nie in jou bed ‘n kat te skiet wanneer hy siek is nie? Die deur die blare ma kant van my is darem vreeslik lelik.

Nou ja toe. Gee vir boeta maagpyn meds en sit hom tussen ons in die bed. Draai om, om te slaap. Skaars sluimer ek in toe hoor ek dit…

“Mamma ek wil opgooi!”

Ek vlieg soos ‘n springkaan uit die bed. Die kind moet net nie op my kop die kat skiet nie… Dan moet ek nog in die middel van die nag gaan stort ook! Wetter…

Met my vlieënde aksie het die hubster homself in ‘n ander bloedgroep ingeskrik! Kyk, as hy slaap dan SLAAP hy. Niks maak hom wakker nie, behalwe as sy vrou soos ‘n springkaan uit die bed vlieg om die opgooi vry te spring.

Hy mis my met millimeters en dit lang weer langs die bed op die mat. My verdiende loon, ek het mos die “Dooie kat” op die mat in sy kamer net daar gelos. Nou MOET ek hierdie skoonmaak. Ek bestudeer die misdaadtoneel, noodles… Dalk teveel daarvan geëet. Maak skoon met handoeke…

Voel voel vir my bril. Jaag die sieke badkamer toe. “Mik vir die toilet!”

Die hubster is half-half wakker. Lyk of die man narkose gehad het. Ek sê: “Liefie, gaan haal gou kussings in die sitkamer om vir ouboet ‘n bed te maak.” Hy staan op soos een wat in sy slaap loop. Kom terug met twee strooi kussings. Oë bot toe. “Ag nee jissie man. Twee van die banke se kussings!” Terug in sy slaap suiker hy af sitkamer toe, kom terug met die regte goed. Ouboet is intussen beter. Gee koors goed vir ingeval hy koorsig raak.

Ons lê so rukkie weer. Ouboet spring op. Tref die toilet betyds, maar mors ‘n paar druppels. Nou is dit net water. Dankie tog. Als is seker nou uit. Vee die man se gesig af. Terug bed toe. Ouboet en die hubster sak dadelik terug droomland toe, ek lê wakker.

Tjoeks roep. “Aggenee dink ek. Nog een…”

Suiker af na haar kamer. “My broek is nat.” Ai sussie, jy het so mooi reggekom sonder glipse. Agwat, ek was anyways wakker. Droë broek aan. Gooi ‘n kombers oor die nattigheid, terug bed toe. Slaap dood tot 6 vanoggend.

Ons is moeg. Dit was ‘n rowwe nag, maar ons het oorleef. Vanoggend maak ek die toneel in ouboet se kamer skoon. Die noodle opgooi voel so glibberig in die lap wat ek gebruik. Amper skiet ek self ‘n kat!

Ons het oorleef…

Gister se afspraak by Home affairs het goed uitgedraai. Ek dink die Here het gesien hulle gaan sit met hierdie girl tot sy gehelp word en toe sit hy hand by. Online. Halfuur later is ek uit. Blykbaar moet hul nou tot in Kairo terug gaan om my en die hubster se geboorte sertifikate te kry, want blykbaar na ’94 het daar mense van die sisteem af verdwyn… Ek bid hulle vind dit gou… Anders weet ek nie.

Vanoggend sien ek dat ek perongeluk die 6 hoofstukke van my nuwe boek perongeluk delete het!!! Nou gaan ek 8ure per dag maar sit en skryf en skryf tot hy klaar is. Hierdie is nou die 2de maal gewees. Sal nou maar elkemaal stoor op ‘n stokkie.

Dink aan my.

Toodles!

N.s. Daar was eergisteraand ‘n klomp mense voor ons huis wat ‘n ander taal gepraat het. So by 22:00pm. You know… Ek is mos nie baie bang nie. Net versigtig. So toe maak ek maar die kluis oop, sit met die panic button inderhand en loer deur ‘n skreufie deur die gordyn in ons kamer tot hulle weg is soos hierdie kat hier bo.

Dink die regte spioene sou trots gewees het op my. Ek kon hulle sien, maar hulle het nie eens geweet hier is mense by die huis nie…

Advertisements

9 thoughts on “Katte skiet!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s