‘n Geweën en kners van tande.

Hoe is dit moontlik dat so aantreklike jong seun op een dag so baie kan huil oor niks? Wel… Nie als was niks nie.

Ons dag het gister weer met ‘n vinnige wegsprong begin. Is dit by julle ook so op ‘n Sondag? Kinders luister net eenvoudig nie voor kerk nie.

Op ‘n Sondag moet ek al 07:30am by die kerk wees omdat ek deel is van die aanbiddingspan en gebed span. Elke Sondag vroeg kom ons bymekaar, gaan die liedjies deur en set die atmosfeer. Dan bid ons saam vir die diens en elkeen wat dit sal bywoon en ook menig ander dinge.

Dit gesê…

Voordat ek by die deur kan uitdraf moet ek seker maak dat albei kinders aangetrek en gereed is vir die Sondagskool om 09:30am wanneer die diens ook begin. Hulle kom dan ook eers 09:30 saam pappa kerk toe. Daarom, omdat ek hulle so vroeg moet gereed kry is dit selde ooit rustig. Dit is alewig ‘n baklei en gestoei oor wat hulle moet aantrek en om nie voor die tv net te staan met een kous aan nie. Om stil te sit terwyl ek hare kam, wat soms werklik kan klink asof ek besig is om duiwels uit te dryf…

Die kerkdiens was wonderlik en iets vir my om te hoor.

Toe soos oudergewoonte is ons na skoonmoeder en vader vir middagete. Daar gekom vra die twee kabouters van ons sommer dadelik of hulle op ouma se foon en ipad mag speel. Nie hardop nie… Hulle FLUISTER vir ouma, maar julle weet mos, saam jou “MA” graad kry jy ook super soniese gehoor en sê ek sommer onmiddelik nee. Daar is meer as genoeg speelgoed om hul besig te hou.

Sussie is tevrede en gaan soek iets om te doen.

Ouboet is ‘n ander saak. Nee, ouboet sit ‘n dramatiese vertoning op met ‘n geweën en kners van tande. So erg selfs oupa smeek later dat hy moet ophou. Die man hou aan.

“As ek op die foon mag kyk sal ek ophou huil!” Roep hy tragies van die bank af.

“Nee, babes. Jy kan met die ander speelgoed speel.”

Ooooo die krokodiltrane.

Waarom is dit so? Waarom kan kinders net nie van die begin af die nee woord aanvaar nie.

Ek sê nie nee omdat ek wil snaaks wees nie, ek sê nee omdat teveel skerm tyd (YouTube) video’s nie goed is vir hul gesondheid nie. Genugtig! Dit is nie eens goed vir ons volwassenes se gesondheid nie…

Hul breine kan nie die hoeveelheid chemiese stowwe

wat jou brein afskei deur visuele stimulasie hanteer nie. Nie eens volwasse breine kan teveel daarvan hanteer nie.

Nou ja. Kos word opgeskep. Die man eet asof hy nog nooit vantevore kos gekry het nie. Lyk my hy was op die ou end net “hangry”.

Die middag weier hul om te slaap. Ons jaag hulle na buite om te gaan speel. Ouboet kom met ‘n geweën die huis ingehardloop. Ek dog die kind se arm is af soos hy tekere gaan. Voel aan die arms en bene, hande en voete. Niks is gebreek. Vat sy hand voor sy mond weg.

Net bloed.

Kyk, daar is mos niks wat so kan bloei soos ‘n kop en mond wond nie. Lyk of die man in ‘n boksgeveg was. Sy voorkop is stukkend geskuur. Mond bloei. Tande gelukkig als daar.

“Bloei ek?” Kom dit tussen die snikke uit. “Ja, maar net ‘n klein bietjie.” Daar gaan die serene! “Ek wil nie bloei nie!” “Toemaar,” troos ek. “Gelukkig is dit rooi en nie groen nie.”

Druk die koue nat waslappie in die mond en soek die stukkende plek. Tussen die voortande is daar ‘n spasie en dit lyk of die velletjie tussenin seergekry het. Hoe die man so geval en seergekry het weet ons nou nog nie. Die bloed het vinnig gestop en speel en baklei hy en sussie weer soos oulaas…

Teen 5uur is ek en die hubster so moeg vir die bakleiery tussen die twee en hul luister nie as ons praat nie dat ek die bad vol water tap en sussie insit. Maak huis aan die kant, loop en skree soos ‘n beer met ‘n seer poot: “Maak NOU jou kamer skoon, maak die sitkamer skoon. Ek weet nie hoekom julle alewig julle koppies en bakkies net daar los nie. Vat. Dit. Wasbak. Toe.”

Na ‘n hengse gestoei is albei gebad, gevoer en teen half 6 in die bed. Ja. Half 6. Ons was moeg man!

My vriendin uit Amerika bel ons en ons gesels land en sand met die kinders wat tussendeur in en uit die beddens klim met dreigemente dat moeggepraat nou gaan kop uitsteek.

Lui die gesprek af na ‘n baie lekker kuier. Jaag die twee kinders weer bed toe en uiteindelik saligheid.

Ek klim in die bed en kan nie slaap nie. Pure opgewondenheid. Ai, dit is erg om so uit te sien na iets en die wat met die papierwerk werk sloer so.

Nietemin, ons is steeds dankbaar dat ons tyd saam ons families en vriende kan spandeer en benut ons elke oomblik saam hulle ten volle.

Toodles!

Advertisements

11 thoughts on “‘n Geweën en kners van tande.

  1. Tannie Frannie sê:

    Klink na die soort Sondag wat in hierdie huishouding ook maar afspeel. Watter pragtige ou seuntjie! Ek dink hy voel die ongedurigheid van die geweldige veranderings in julle lewe en dis hoekom die outjie so klaerig is. (Hoe sou jy voel as iemand jou verbied om jou selfoon te gebruik?)

    • sonell sê:

      Dankie Una*

      Die oumas en oupas se harte is seer oor die kinders, maar reg van die begin af is hul ondersteunend oor die besluit. Hul weet dit is die Here se plan vir ons en daarom staan hul saam ons. Dit maak die skuif makliker, maar ek dink die verlange gaan erg wees.

  2. Kameel sê:

    Konnie help om te lag nie… en het weer die dae van kindgrootmaak herleef. Wees bly jy kan hulle nog onder een kombers toemaak – dis nou as hulle mekaar nie daar gaan vermoor nie. Fluister…. uit die huis uit kinders bring groter kopseer.

  3. perdebytjie sê:

    Klink sooo bekend! Ek het Sondae die meeste gehaat…daardie gespook om almal reg te kry vir kerk en die bakleiery!
    Sterkte…jou beurt is jou beurt, het die ou tannie altyd gesê.

    • sonell sê:

      Haha! My ma sê dit ook altyd, maar ek weet darem wraggies nie waarom ek so panarie moes tref nie, want ons was werklik model kinders in die huis. My ouers het nooit oor ons bekommer of baklei op Sondae nie.

      Nietemin, die Here sien ek is sterk genoeg om dit te hanteer. 😅

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s