Die skoene wat jy dra.

Skoene speel ‘n groot rol in ons lewens.

Blykbaar sê jou skoene baie van jou. Vandag sê my skoene (Dis nou hierdie in die foto) dalk dat ek nie geld het vir ander nie. Gedeeltelik is dit waar, maar wat ook waar is, is dat dit my gunsteling paar skoene is en ook die lekkerste loop. Ek vermoed die sole sal een van die dae begin praat, maar tot dan sal ek hulle loop waar ek wil gaan.

Die hele Winter deur dra ek ook al elke dag my Solomon tekkies, wat ook; as ek jou kan inlig, 4 jaar oud is… Die feit dat ek hulle elke dag dra hierdie Winter sê net ek wil nie gevriesde tone hê nie.

Elke Sondag dra ek my swart enkel bootsies. Hulle is swart en netjies en warm. Perfek vir kerk.

Daar is ook ander skoene wat ons dra.

Die skoene van bereidheid. Hierdie skoene maak ons bereid om die Evangelie. Die goeie nuus van Jesus Christus uit te dra.

Ek sien bitter min mense hierdie skoene aantrek deesdae. Dalk uit vrees? Maar dan nou weer, ons het nie ‘n gees van vreesagtigheid ontvang nie, maar van oorwinning en selfbeheersing.

Vandag wil ek jou bemoedig om hierdie nuwe skoene aan te trek. Verkondig die goeie nuus van Jesus en indien dit nodig is, gebruik woorde.

Toodles!

Advertisements

5 thoughts on “Die skoene wat jy dra.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s