Slegs 3 oor.

2019 was nou werklik waar iets besonders.

Kan julle glo dat daar net, net minder as 3 maande oor is voor ons ‘n nuwe dekade betree.

Verlede jaar hierdie tyd was ons nie seker oor wat op ons gewag het vir 2019 nie. Hierdie jaar het ons kom verras met allerlei opwinding, nuwe planne, ‘n groot droom en ook ‘n tikkie we don’t know what we’re doing.

Ek sit vanaand en wonder. Wat moet ek doen? Ek het eintlik so baie om oor te skryf, maar die eintlike ding wat my nog tot nou gekeer het was die feit dat ek nie kan besluit of ek dit Afrikaans gaan hou of gaan ek nou maar oorslaan na Engels.

Hierdie besluit is glAdnie vir die lesertal nie, maar omdat ek soveel oorsee se mense het wat my blogs lees (wanneer ek wel kans kry vir blog)…

My video’s op Facebook is alreeds almal in Engels. Ek het ‘n ander blog blad ook. Dalk moet ek daardie een maar in Engels doen, maar dit is dubbeld die werk…

Ek soek eindeloos na blogplanners om my te help my dinge organiseer en prioritiseer, maar ek sukkel.

Hoe moet ek maak? Een Afrikaans en een Engels? Of moet ek dit dalk afwissel. My kop draai al van die dink!

Heeeeeeeeeeelp!!!

Toodles!

Advertisements

3 thoughts on “Slegs 3 oor.

  1. Toortsie sê:

    Besluite, besluite, besluite. Op die ou end moet jy maar oor tyd die waters toets en doen wat vir jou die beste is. ‘n Groot blogveteraan wat vir my baie geleer het, het destyds gesê dat meer as een blog verskriklik baie werk is en jy eerder net by een blog moet hou, selfs al is dit ‘n mengelmoes. Of een meertalige blog die ding kan doen, is natuurlik ‘n ander vraag.
    S

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s