‘n Week van konsert.

Vanoggend half 5 skree my wekker. Ek sit regop. Ogies dik geslaap en lyf seer. Ek vra vir die Here, “Sal dit okay wees as ek maar inlê vanoggend? My gees wil, maar my liggaam is moeg.” So toe slaap ek maar verder tot half 6.

Ons konsert al van Maandag af. Maandagaand was dit Ballet konsert. Almal het pragtig gedans. Tjoeks was mal daaroor. Haar uitslae vir haar eksamen is pragtig. Ons is vrek trots op haar.

Dinsdag tot Donderdag was dit skool konsert. Tjoeks het elke maal vooruit gehardloop op die verhoog en op haar plekkie gaan staan. Dan het sy begin heupies swaai en die res het saam begin dans. Sy het presies geweet wat om wanneer en waar te doen. Ons super ster danseres.

Ons kan sien sy is lief vir die verhoog en lief daarvoor om mense te vermaak. Almal se kommentaar na die tyd was dat sy na my aard. Natuurlik stem ek saam!

So vandag is nou Vrydag. Ek weet nie wie is meer bly nie… Pappa & mamma, sussie of die juffies? Hulle het almal baie hard gewerk aan hierdie konsert en kan hulle hulself ‘n klop op die skouer gee vir die sukses en uitvoer daarvan.

My Bonzai karretje is ook vandag verkoop. Nog iets van ons lysie af. Meer oor haar in die volgende blog. Het maar ‘n knopkeel aan my.

Nou is ek poegaai! Môre sien die salon my gladnie. Ek gaan met ‘n short en somer hempie langs die dam uitspan en lees terwyl pappa beer visvang, sussie in die water speel en ouboet by sy maat kuier.

Die naweek is hier! Geniet hom.

Toodles!

English

This morning at 5 am, my alarm clock screamed. I sat up, eyes slept thick and body hurting. I ask the Lord, "Would it be okay if I just lay in this morning? My spirit wants to get up, but my body is tired." So then I slept on until half past six.We have been going to concerts since Monday. On Monday night it was Ballet concert. Everyone danced beautifully. Tjoeks loved it. Her results for her exam are beautiful. We are very proud of her.
Tuesday to Thursday it was school concert. Tjoeks ran ahead each time on the stage and stood in her place. Then she started swinging hips and the rest started dancing together. She knew exactly what to do when and where. Our super star dancer.
We can see she loves the stage and loves to entertain people. Everyone's comment afterwards was that she took after me! Of course I agree!So today is Friday. I don't know who's happier... Daddy & mommy, sister or the teachers? They all worked very hard at this concert and can give themselves a pat on the shoulder for their success and performance.My Bonzai car was also sold today. Something else off our list of things to sell. More about her in the next blog. Just got a lump in my throat.Now I'm pooped! Tomorrow the salon will not see me. I'm going to spend the day in a short and summer shirt next to the dam reading, Daddy bear fishing, Tjoeks playing in the water and big brother visiting his friend. The weekend is here! Enjoy it.Toodles!

8 thoughts on “‘n Week van konsert.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s