Vandag is spesiaal/Today is special.

Vandag verjaar ons oudste!

7jaar gelede het ons offisieël ouers geword.

Dit was nie altyd maklik of lekker nie, maar dit was nog altyd een groot seën.

Om jou eie klein mensie te kan grootmaak en aan die lewe hou as jy sukkel om selfs huisplante aan die lewe te hou is ‘n wonderwerk in sy eie.

Om die terrible two’s, threenager three’s en super six’s te kan oorleef is beslis ‘n kuns.

Seuntjies is nie net van paddas, slakke en kleinhondjie sterte gemaak nie. Hulle is ook gemaak van visvang, braai, gogga grappe en ‘Ek is lief vir jou mamma’ gemaak.

Tussendeur al die steke, winde los en lawwigheid is daar ook: ‘Mamma ek wil met jou trou.’ Of. ‘Mamma, eendag gaan ek vir jou ‘n huis in my erf hê dan kan jy by my en my vrou bly.’

Op hierdie stadium wil hy ‘n Cowboy en ‘n pappa word. Hy mag ‘n pappa word as hy ‘n vrou kry wat Jesus meer lief het as wat sy vir my seun lief het.

Nou die dag vermaak hy my met die volgende:

“Ek het drie girlfriends.”

“Wetter boetie. Hoekom so baie?”

“Dan kan ek kies.”

“Wat wil jy kies?”

“Vir wie ek iets wil doen daai dag…”

“Neewat boetie, slaag net eers Graad een, dan kan jy weer dink.”

“Okay mamma.”

Ek wens ek kon hom onskuldig hou. Ek wens ek kon hom beskerm teen al hierdie boosheid in ons lewe. Ek wens dat sy hart nooit sal breek nie. Ek wens dat hy altyd na my toe sal hardloop as hy droog gemaak het of hulp nodig het. Ek wens dat hy altyd so lief vir my sal wees.

Maar bo dit alles gun ek hom ‘n lewe van groei. Van afbreek en herstel. ‘n Lewe waar hy ons Hemelse Vader se plan vir sy lewe najaag en ten volle daarin opereer en leef.

Hier was ouboet maar drie jaar oud.

Hy geniet visvang. As hy lus is daarvoor…

Vir hierdie seun het ek sommer my hart gegee. Hy het nie eens nodig gehad om dit te steel nie.

Toodles!

As jy meer van ons avonture wil sien, gaan loer hier op ons YouTube kanaal en onthou om aan te teken daarvoor. 🤗

Our Crazy Life

English

Today is our oldest son's birthday!7 years ago we officially became parents.It has not always been easy or fun, but it has always been one big blessing.Being able to raise and keep your own little person alive if you struggle to even keep houseplants alive is a miracle in its own right.
Surviving the terrible two's, threenager three's and super six's is definitely an art.Boys are not just made of frogs, snails and puppy dog tails. They are also made of fishing, braai, bug jokes and 'I love you mommy'.In between all the stitches, the farts and the silliness there is also: "Mom I want to marry you." Or. "Mom, one day I'm going to have a house in my back yard and you can stay with me and my wife."
At this point, he wants to become a Cowboy and a Daddy. He can become a daddy if he finds a woman who loves Jesus more than she loves my son.Nowadays he entertains me with the following:"I have three girlfriends.""My word!. Why so many!?""Then I can choose.""What do you want to choose?""For whom I want to do something that day ...""Just pass Grade One first, then you can think again.""Okay Mom."I wish I could keep him innocent. I wish I could protect him from all this evil in our world. I wish his heart would never break. I wish he would always run to me when he did something wrong or is in need of help. I wish he would always love me so much.
But above all, I wish for him a life of growth. From breaking down and repairing. A life in which he pursues our Heavenly Father's plan for his life and fully operates and lives in it.

Here he was 3yrs old

He loves fishing when he’s in the mood for it.

To this boy I simply gave my heart. He didn't even need to steal it.Toodles!If you want to see more of our adventures, check out our YouTube channel here and remember to subscribe.   Our Crazy Life

8 thoughts on “Vandag is spesiaal/Today is special.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s