Ons het dit oorleef! / We survived!

Die eerste dag van Graad een parra been was propvol opwinding en senuwees en vrae soos, Het ons als in? Is sy kosblikkie vol genoeg? Is sy kleredrag reg volgens die skoolreëls? Gaan hy okay wees in die klas?; het in ons harte gedraai.

Ek is ‘n tawwe koekie, so ek het nie ‘n traan gestort nie, maar die knop in my keel was ook daar.

Die jaar was vol opwinding en harde werk. Mens kan nie dink hoe vinnig hierdie klein lyfies kan leer lees nie! Teen die tweede kwartaal kon boeta mooi lees en skryf en die sinne waarmee hy kon opkom het my verstom gelaat.

Ek blaai deur sy werkies van hierdie jaar en kom af op ‘n snaakse stukkie werk. Hul moes ‘n monster geteken het en iets oor die monster daarby geskryf het. Boeta skryf dat sy monster rooi oë het en Juffrouens eet. Sy monster eet vir Juffrou Elsie ook! 🤣🤣🤣🤣 Hy was seker bietjie suur vir juffrou daardie dag. 🤣🤣🤣

Daar was ook ander skreeu snaakse tye soos die dag toe ek moes hoor dat ouboet DRIE girlfriends het… (Slaag maar net eers jou skooljare boeta…)

Of die dag met die atletiek toe boeta aspris stadig gehardloop het omdat hy nie die span wil haal nie, want hy hou nie van hardloop nie… (Toemaar ouboet, jou mamma hardloop ook net as iets haar jaag…)

Ouboet het ‘n wonderlike Juffrou gehad. Sag en streng. Ek het nooit nodig gehad om goedjies met Juffrou te bespreek nie. Sou daar ‘n probleem wees sou sy my sê en ons het daaraan gewerk. Ons kon sien dat sy baie lief is vir ons seuna en daarvoor dank ek die Here. Dit is nie elke dag wat jy so Juffrou raakloop wat haar werk so professioneel en met passie aanpak elke dag nie. Ons is dankbaar vir haar. Haar kommentare in ouboet se werkboeke het ons na aan die hart gelê.

Nou is ons gereed vir Graad twee. Ons sal nie die volle jaar in Suid Afrika klaarmaak nie, maar ons sal elke dag voluit aanpak. Ouboet is baie slim en is ons breë bors oor hom.

Alles is net genade.

Toodles!

****

English

The first day of Grade one was filled with excitement and nerves and questions like, Did we pack everything in? Is his lunch box full enough? Is his school uniform right according to the school rules? Will he be okay in class ?; turned in our hearts.I'm a tough cookie, so I didn't shed a tear, but the lump in my throat was there.The year was full of excitement and hard work. You can't imagine how fast these little bodies can learn to read! By the second term, big brother was able to read and write well and the sentences he could come up with left me stunned.I flip through his school work this year and come across a funny piece of work. They had to draw a monster and write something about it. Big brother wrote that his monster has red eyes and eats Teachers. His monster eats Teacher Elsie too! He must have been a little sour to Miss that day.       There were also other hilariously funny times like the day I had to hear that big brother has THREE girlfriends ... (Just pass your school years first...)Or the day with athletics when he ran slow on purpose because he didn't want to take the team because he didn't like to run ... (Don't worry, your mom doesn't run either, unless something's chasing her.)Big brother had a wonderful teacher. I never needed to discuss anything serious with her. Should there be a problem, she would tell me and we worked on it. We could see that she loves our son very much and for that I thank the Lord. It is not every day that you come across a Teacher who does her job so professionally and passionately every day. We are grateful for her. Her comments in big brother's workbooks were close to our heart.Now we are ready for Grade two. We will not finish the full year in South Africa, but we will tackle each day fully. Big brother is very smart and are we broad chested over him.Everything is by grace.Toodles!

2 thoughts on “Ons het dit oorleef! / We survived!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s