Uitgooi en weg gooi. / Declutter!

Vanaand het ek nie eens ‘n foto vir julle nie, maar ek is seker dat as jy al ooit ‘n warboel moes uitsorteer het jy ‘n goeie idee waarvan ek nou praat.

Nou ja toe. Elke jaar hierdie tyd is dit my skoonmaak en ontruimingstyd. Vir ‘n volle week neem ek een vertrek per dag en ek gooi alles op een hoop. Uit die kaste. Onder die beddens. Laaie. Ens. Ens. Dan begin ek te vee. Ek vee en was al wat ‘n hoek en laai is uit. Ek gooi sakke vol rommel weg. Die mure word gewas, die matte, die teëls. You name it.

Hierdie jaar is die uitdaging effe groter. Tussendeur die werk en kinders vat dit nie meer net ‘n week nie. Dit kan dalk selfs ‘n hele maand vat, maar ek het besluit om al my liewe Towerinne se raad te volg en net dinge stadiger te vat. Môre is nog ‘n dag.

Vandag het ek die kinders se kamer klaargemaak. Dit het 3 dae gevat… Letterlik… Hulle is nou saam in ‘n kamer van die Winter af omdat sussie se kamer geen son kry nie en ouboet se kamer heerlik warm word in die Winter. So het ek hulle kamer nou van hoek tot kant deursoek, uitgegooi en weg gegooi. ‘n Lessenaar wat nie gebruik word nie terug besorg aan die eienaar en die beddens geskuif sodat daar nou meer spasie is ook. Hul klere is aansienlik verminder en nou weer in netjiese hopies gepak. Almal kan duidelik sien waar als moet kom…

Die skoene is ook nou yl gesaai en het ek maar so pare bygekoop. Seker twee groot sakke vol rommel uitgedra. Waar kry hulle al die gemors!?

Nou ja. Hul kamer is nou weer skoon. Daar is spasie vir speel en asemhaal en kan hul heelwat rustiger slaap ook.

Deur die res van die week sal ek weer ons spens aanpak. Jy sal nie glo hoe deurmekaar dit ook kan word nie. Kom seker daarvan as jy as Graad 1 mamma als moontlik bymekaar skraap, want wat as hul dit nodig het vir skool!?

Nietemin. Dit is ‘n storie vir ‘n ander dag. Hoe lyk jou 2020 tot dusver?

Tot en met vandag (dag 6 van 366 dae) het ek al geleer dat ek sterker is as wat ander dink en meer veerkragtig is as waarop hul gehoop het. Hierdie jaar sal beter eindig as wat dit begin het!

Toodles!

Ek en my ouma van 79jaar ❤️

English

Tonight I don't even have a picture for you, but I'm sure if you've ever had to sort out clutter you'd have a good idea what I'm talking about right now.Well then. Every year this time is my cleaning and decluttering time. For a full week I take one room a day and I throw everything in one heap. Out of the cupboards. Under the beds. Drawers. Etc. Etc. Then I start wiping. I wipe and wash all the nooks and crannies. I throw away bags full of junk. The walls are washed, the carpets, the tiles. You name it.This year the challenge is slightly greater. Between work and kids, it doesn't take just a week. It might even take a whole month, but I decided to follow all of my dear Friends' advice and just take things slower. Tomorrow is another day.Today I finished the children's room. It took 3 days ... Literally ... They are now in a room together from last Winter, because little sister's room gets no sun and old brother's room gets wonderfully warm in Winter. So I searched their room from corner to side, threw out and decluttered. An unused desk was returned to the owner and the beds were moved so there is more space now. Their clothing was significantly reduced and now packed in neat piles. Everyone can see clearly where everything should go...The shoes are also sparsely sown now and I bought a few new pairs. Probably carried two large bags of junk out. Where do they get it all!?Well yeah. Their room is clean again. There is space for play and breathing and they can sleep much more peacefully as well.Throughout the rest of the week, I will tackle our pantry again. You won't believe how cluttered it can be. Be sure it does if you as a Grade 1 mom scrape everything possible together, because what if they need it for school !?Nevertheless. It's a story for another day. What does your 2020 look like so far?To this day (day 6 of 366 days) I have learned that I am stronger than others think and more resilient than they hoped. This year will end better than it started!Toodles!

3 thoughts on “Uitgooi en weg gooi. / Declutter!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s