Vier die lewe / Celebrating life

Vandag was ‘n besige dag. Soos gewoonlik.

Vandag het begin met stilte tyd en koffie. Kon skaars my oë oophou…. maar ek lief dit om tyd saam my Vader en tyd in Sy Woord te spandeer aan die begin van die dag. Daarna het ek die kiddos by die skool afgelaai & werk toe gerits.

Voor ek my oë kon uitvee was die tyd verby en was dit weer tyd om die kiddos op te laai. Daarna het ek gaan tyd spandeer saam ‘n vriendin wie nou hier kuier al die pad uit Amerika. Houston, Texas om presies te wees. Ons het alles Amerika gesels en was dit vir my indrukwekkend om te hoor dat haar Afrikaanse aksent gladnie verlore gegaan het nie en dat sy ook nie ‘n Engelse aksent aangeleer het nie. Dit gee my hoop dat ons gesinnetjie steeds ons tonge sal laat klap met die Afrikaans daar in die verte.

Vandag het ek besef dat nie alles vanself kom nie en dat hoewel ander elke dag ‘n baie brawe glimlag kan opsit is hul lewens dalk aan skerwe aan die binneste. Elke dag os nie ‘n gegewe nie. Ons is nie gewaarborg dat ons nog môre se lewe gaan ken soos ons dit vandag ken nie en daarom is dit belangrik dat ons elke nuwe môre met ope arms omhels. Hardop en duidelik lag. Snork lag! Want môre huil ons dalk en is ons spyt ons het nie gister gelag nie. Ek dink ook ons kan meer genade met mekaar hê. As die vrou agter die toonbank by Spar dalk effe poegaai lyk praat haar moed in. Sê vir haar hoe goeie werk sy doen om jou te help. As jy dalk lank laas van ‘n vriendin gehoor het, tel jou foon op! Bel haar, sms haar, WhatsApp haar. Laat haar weet jy gee om! Teveel keer kyk ons die ander pad. Wees lief vir elke een.

So vanaand vier ek die lewe! Ek is dankbaar dat die Here ons al tot sovêr gebring het. Ek is dankbaar vir dit wat voorlê. Ek is opgewonde om myself in te stel om ‘n seën te wees aan ander. Ek is dankbaar sommer baie dankbaar.

Vanaand het gelyk of die hemele aan die brand is. Dit skep hoop hier binne in my. Mag hierdie ‘hemelse vuur’ ook binne my en jou brand.

Toodles!


English

Today was a busy day. As usual.

Today began with quiet time and coffee. Could hardly keep my eyes open …. but I love spending time with my Father and time in His Word at the beginning of the day. Then I dropped the kiddos off at school & got to work.

Before I could wipe my eyes the time was over and it was time to pick up the kiddos again. We then went to spend time with a friend who is visiting here all the way from America. Houston, Texas to be exact. We talked all about America and it was impressive to me to hear that her Afrikaans accent was not lost at all and that she did not learn an English accent either. It gives me hope that our little family will still click our tongues with Afrikaans in the distance.

Today I realized that not everything comes naturally and that although others can put on a very good smile every day, their lives may be shattered on the inside. Every day is not a given. We are not guaranteed that we will still know tomorrow’s life as we know it today, so it is important that we embrace each new tomorrow with open arms. Laughing loud and clear. Because tomorrow we may cry and regret that we did not laugh yesterday. I also think we can have more compassion with each other. If the woman behind the counter at Spar may seem a little puffy. Tell her how good she is doing by helping you. If you haven’t heard from a friend for a long time, pick up your phone! Call her, text her, WhatsApp her. Let her know you care! Many times we look the other way. Love each other.

So tonight I'm celebrating life! I am grateful that the Lord has already brought us to this point. I am grateful for what lies ahead. I am excited to set myself up to be a blessing to others. I am very grateful.
Tonight the heavens seemed to be on fire. It creates hope here within me. May this ‘heavenly fire’ also burn within me and you.

Toodles!

6 thoughts on “Vier die lewe / Celebrating life

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s