Lê-jou-eier. Verbloem jou haarkleur.

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/e3dfca20e90c4ae09d7312695a15b7f3

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Ek is so dankbaar vir nog ‘n blogger uitdaging. Ek sukkel nou al lank om van my skrywersblok ontslae te raak en vorige uitdagings het ek gemis, want die lewe hardloop met mens weg. Dankie tog nou vir ‘Lockdown’!

Ons uitdaging is: Verbloem jou haarkleur. Juis omdat ons almal se ware kleure nou gaan begin wys binne hierdie 21 dae terwyl ons met Jan tuisbly se karretjie ry.

Nou, vir my is dit nog nie werklik ‘n verpligting om my hare te kleur nie. Nie dat dit ‘n verpligting word nie, maar party mense hou meer van hul grys hare as ander.

Ek het so paar maande terug my eerste grys haar ontdek. Ek was oorstelp van vreugde! Ek kan nie wag om al my grys hare te laat uitgroei nie. Uiteindelik kry ek ook wysheid… Toe nou nie… Die grys haar het verdwyn. Seker maar uitgeval, want ek het ‘n behoorlike bos krulle aan my en gooi ek meer hare af as ons kat wanneer die seisoen draai. Dit word ook nie minder nie hoor. Maar ek is dankbaar vir my bossiekop. Ek kan dit uitstryk of ek kan dit net was en dra. Albei maniere maak my gelukkig.

So paar jaar terug wou ek so graag ook grys hare gehad het. Daardie tyd toe die groot gryshare manie die wêreld getref het. Ek het al wat ‘n haarkapster was gevra in ons dorp om dit vir my so te maak en niemand kon nie. Duisende rande later het ek maar die saak in eie hande geneem… Ek het grys kleur by die “Sjinees se winkel” gaan koop en op my blonde hare gesit. Dit was grys! Ek was so trots op my grys hare, maar dit het nie oral toegemaak nie en moes ek ‘silver spray’ gebruik vir die res… So het dit uitgekom op die ou end…

Eintlik nie sleg op hierdie foto nie, maar dit was meeste van die tyd blou of pers van die sproei. My man het nie veel gesê nie. Hy het soms maar net sy kop geskud en verby gekyk. 😄

Nou moet ons vir 21 dae tuis bly en het ek heel toevallig ‘n ekstra boksie haarkleur… As ek dit kon aanstuur vir my blogger vriendin, https://christavanstaden.com/2020/03/23/onverwagte-verandering-van-kleur/ , dan sou ek beslis.

So as die nood druk en ek wil… Sal ek dit gebruik, maar eintlik wil ek weer die kleur laat uitgroei. Dalk sit ek op die draad oor hierdie kwessie. 😄 Tyd sal leer.

Toodles!

7 thoughts on “Lê-jou-eier. Verbloem jou haarkleur.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s