Dag vierhonderd en vyftig elf

Vandag is dag vierhonderd en vyftig elf. Dit is Sondag nommer tweehonderd vyf en twintig vyf. Ons is steeds in ons erf. Ons mag nie uitgaan nie. Hierdie afgelope Maandag het ek my denim aangetrek. My kinders vra toe “Waarheen gaan mamma?” (Want blykbaar as ek my denim aantrek gaan ek iewers heen.) Ek sê toe baie braaf “Ek gaan die vuilgoedsakke uitvat.”

Projekte wat op ys geplaas was word nou uiteindelik gedoen. Boek twee is AMPER klaar! Dit gaan so goed ek skryf amper een hoofstuk per dag! My borduurwerk wat ek nege jaar terug (Ja voordat ek kinders gehad het) begin het sal nou binnekort klaar wees. Ek het besef dat ek eintlik heel kreatief kan wees met kosmaak en dat die gebrek aan tyd nie werklik die rede was waarom ek nie my huis deur en deur kon skoonmaak en skoonhou nie.

Skielik is daar nie elke dag ‘n lys werkies wat vir my gegee word om te doen nie, want tot my voordeel is als toe en mag ek nie uit ons erf beweeg nie.

Ek slaap min na niks, gelukkig is daar grimering om die sakke onder my oë toe te smeer. Ek slaap min na niks, nie omdat ek bekommerd is oor iets nie, maar omdat ek nou so baie kan rus! Die huis is skoon, die wasgoed gedoen, skottelgoed ook! Die kinders stel nie veel belang in my nou nie. Net as hul honger is…. Blykbaar is ek die happie kelnerin.

Gepraat van die kinders… So besluit ons om muffins te bak. Ouboet kies Cuppachino geur. Sussie kies Manilla (Vanilla) geur. Ouboet se mengsel volgens hom lyk soos poef… Ek dink so by myself, ons gaan jou dieet moet aanpas as jou poef so lyk boeta. Sussie is in haar noppies met haar mengsel Manilla. Die twee eet toe mekaar se muffins klaar en komplimenteer mekaar se bakvernuf oorweldigend. Hulle speel ook heeltyd buite wanneer die son skyn. Kom met allerande oorspronklike idees na vore. Soos met die oefen gewing wat hul on die garage kry… Boeta maak die gewig aan sus se enkel vas en laat dit teen die glyplank af gly. Ek hoor ‘n klein gilletjie en luister vir trane. Niks. Loer by die deur uit… Toe sien ek hierdie lawwe idee. Ai die kinders. Hulle bou ook tente met komberse en los dit buite in die reën. Pappa beer kla kla so bietjie, maar mamma is te bly hul speel buite.

Vandag is dit koud en toegetrek. Ek bid die wasgoed word droog, want as jy een dag se was mis is jy ‘n week agter. Ek moet nou die week opvang…

Deur dit alles is ek dankbaar. Dankbaar vir nog ‘n dag. Dankbaar vir skaterlag oomblikke soos hier bo. Dankbaar vir tyd en gesondheid.

Hoe gaan dit by julle Lockdown.

Toodles!

English

Today is day four hundred and fifty eleven. It's Sunday number two hundred and twenty five. We are still in our yard. We are not allowed to go out. This past Monday I put my denim on. My kids then asked "Where's mommy going?" (Because apparently when I put on my denim, I'm going somewhere.) I said very bravely, "I'm going to take out the rubbish bags."

Projects are now finally being done. Book two is ALMOST finished! I'm writing almost one chapter a day! My embroidery work that I started nine years ago (Yes before I had kids) will be finished soon. I realized that I can actually be very creative with cooking and that the lack of time wasn't really the reason why I couldn't clean and keep the house clean.
Suddenly, there is not a list of tasks that are given to me every day, because to my advantage everything is closed and I’m not allowed to move out of our yard.
I sleep little to nothing, fortunately there is make-up to cover the bags under my eyes. I sleep little to nothing, not because I'm worried about something, but because I can now rest so much! The house is clean, the laundry done, the dishes too! The kids aren't very interested in me right now. Just when they're hungry .... Apparently I'm the snack waitress. 
Speaking of the kids ... So we decide to bake muffins. Big brother chooses Cuppachino flavor. Sister chooses Manilla (Vanilla) flavor. Big brother’s mixture, according to him, looks like poop... I think to myself, we're going to have to adjust your diet if your poop looks like that. Sister is delighted with her mix Manilla. The two then finish each other's muffins and overwhelmingly compliment each other's baking skills. They also play outside all the time when the sun is shining. Come up with all kinds of original ideas. As with the dumbell they found in the garage ... Big brother attached the weight to Sisters’ ankle and slides it down the sliding board. I hear a small scream and listen for tears. Nothing. Look out the door ... Then I saw this silly idea. O the children. They also build tents with blankets and leave them outside in the rain. Daddy bear complains a little, but mommy is happy to have them playing outside.
Today it is cold and cloudy. I pray the laundry gets dry because if you miss one day's washing you are a week behind. I have to catch up this week ...
Through it all, I am grateful. Thank you for another day. Thankful for laughter moments like above. Grateful for time and health.
How are you doing during this Lockdown?

Toodles!

9 thoughts on “Dag vierhonderd en vyftig elf

  1. pizza hut sê:

    Fantastic items from you, man. I have take note your stuff previous to
    and you’re just too excellent. I really like what you’ve got here,
    certainly like what you are saying and the way in which through which you assert it.
    You make it enjoyable and you still care for to
    keep it sensible. I can’t wait to read much more from you.
    This is actually a wonderful site.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s