Moedersdag / Mother’s day

Eerlikwaar. Om te vra vir ‘n rustige normale moedersdag waar ek net kan sit en doen waarvoor ek lus het is net teveel gevra in die van Niekerk nes.

Oral oor was mammas spesiaal laat voel met ‘n “Gelukkige moedersdag mamma.” “Ek is lief vir mamma.” “Mamma is die mooiste.” Oral sien ek mooi prentjies en briefies spesiaal gemaak en skryf vir mammas van kinders af wat hulle mamma ten minste een maal per jaar waardeer…

Wat gebeur by ons? “Ek is honger.” “Ek wil op my tablet speel.”

Pappa: “Sê vir mamma gelukkige moedersdag. Dit is haar spesiale dag.”

Sonicque: (Begin huil) “Los my uit! Ek voel nie lekker nie!”

Nicolaas: “…..”

Pappa beer het heerlike potjie kos gemaak vir middagete en ek het rose gekry. Werklik baie spesiaal. ❤️

Maar teen etenstyd is ek en die kids in so groot geveg omdat hulle heeltyd baklei dat ek in trane uitbars, want om net vir een dag waardeer te word is teveel gevra.

Maar dan nou weer. ‘n Normale. Rustige. Vrede gevulde dag in die van Niekerk nes sal hopeloos te abnormaal wees. Daarom waardeer ek die normale, besige, mag, skreeu so hard dat die bure hoor, lag uit jou maag en lief mekaar op dae. Eendag gaan daar nie so gereeld meer sulke dae wees nie. Elke dag is ‘n avontuur.

Toodles

****

English

Honestly. 

To ask for a quiet normal Mother’s Day where I can just sit and do what I feel like is just asking too much in the van Niekerk’s nest.

Everywhere moms were made to feel special with a “Happy Mother’s Day Mom.” “I love mommy.” “Mom is the most beautiful.” Everywhere I see beautiful pictures and notes made specially and written for moms of children who appreciate their moms at least once a year …

What happened in our house?

“I am hungry.” “I want to play on my tablet.”

Daddy: “Tell Mom happy Mother’s Day. This is her special day. ”

Sonicque: (starts crying) “Leave me alone! I do not feel well!”

Nicholas: “…..”

Daddy bear cooked a delicious potjie for lunch and I got roses. He made it extra special. But by lunch time, the kids and I got in such a big fight because they were fighting with each other so much that I burst into tears, because just being appreciated for one day was too much to ask.

Then again…

A normal. Peaceful. Quiet day in the van Niekerk nest will be completely abnormal. That’s why I appreciate the normal, busy, scream so loud that the neighbors hear, laugh out of your stomach and love each other for days are my favorite.

One day there will be no more such days. Every day is an adventure and I am grateful for every single one.

Toodles!

7 thoughts on “Moedersdag / Mother’s day

  1. Tannie Frannie sê:

    😀 Jy laat my dink aan die dag toe ek graag vir Moedersdag middagete in ‘n restaurant wou gaan eet. Na ure se rondryery en soek na ‘n mooi plek in Kaapstad wat nie volbespreek was nie, met twee iesegrimmige kleuters in die kar, het ek daardie middag – terwyl ek aan ‘n stuk KFC knaag – besef Moedersdag is sommer nonsies… Maar ja, jy’s reg: elke dag is ‘n avontuur. Tien uit tien vir jou wat dit nou reeds besef en uitleef ❤

  2. Una sê:

    Ek lag met oorgawe vir jou vertel, Sonell! Dit klink soos my jongste se dag saam met haar ses en vierjarige. Jy is SO ń oulike mamma.🌸🌸

  3. pajamasmetsokkies sê:

    Ai! Ja, ek voel nou minder alleen. My student was in een of ander hormonale bui en ek het geen dankie of drukkie gekry nie. Manlief het vir die bederf gesorg. Student was dikbek om net die volgende dag weer die vriendelikheid self te wees. Soos ‘n ligskakelaar. 🙈😜

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s