Wag wat? / Wait what?

Oooooo FLIP!

As dit nie die kinders is nie is dit die president.

Ek verwys nou na ons wonderlike President, Mnr. Cyril.

13 Mei 2020 om 20:30pm sit die hele Suid Afrika voor hul kassies. Mens sal sweer dit is die ’95 Rugby World cup. Ons wag vir goeie nuus. Ons hoop ou Cyril sal vir ons ‘n historiese drie druk en die bal oor die pale skop soos ou Joel Stransky ons altyd bly gemaak het.

Maar nee. Ons ou Suid Afrikanerkies is mos suckers for punishment. Kyk die hele speech deur en vra aan die einde van die vertoning op die familie WhatsApp groep: “Wat was dit?” “Wat het hy nou eintlik gesê?”

So ons is seker nou op level 3.9? Basies, as jy op die platteland bly soos EK behoort ons (hopelik) teen einde Mei in level 3 te wees. Die stadsmuise? Neewat, julle gaan bly op level 4 tot julle luister. 🤣🤣🤣

Ag julle, ons moet ons sin vir humor hou in hierdie tyd. Ek het baie agting en respek vir ons President, maar hy gaan moet ‘n paar oorpluisies aanskaf wat sy ministers se stemme uitdoof en mik vir daardie oopstukkie bo die dwarspaal wat tussen die vertikale pale sit. Verstaan?

Sterk staan julle, ons sal hierdeur kom. Ons kan ons wil ons gaan ons sal.

Ja, klink ek nou soos ‘n wafferse atleet. Al wat ek oefen is my stappie na en van die yskas. 🤣

Toodles!

***

English

Oooooo FLIP!

If it's not the kids, it's the president.I am now referring to our wonderful President, Mr. Cyril.May 13, 2020 at 8:30 pm the whole of South Africa is sitting in front of their tv's. One would swear it's the '95 Rugby World cup. We are waiting for good news. We hope old Cyril will hit us a historic try and kick the ball over the poles like old Joel Stransky always made us happy.But no. Us South Africans are suckers for punishment. We watch the whole speech and ask at the end of the show on the family WhatsApp group: "What was it?" "What did he actually say?"

So we're probably at level 3.9 right now? Basically, if you stay in the countryside like I should (hopefully) be in level 3 by the end of May. The city mice? No, you're going to keep listening to level 4. 🤣🤣🤣

Oh, we have to keep our sense of humor during this time. I have a lot of respect for our President, but he is going to have to get some earplugs that dull the voices of the ministers and aim for that open piece above the bar that sits between the vertical posts. Understand?You stand strong, we will get through this.  We can and we will. Yes, I sound like an athlete now. All I excercise is my walk to and from the fridge. 🤣Toodles!

3 thoughts on “Wag wat? / Wait what?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s