Hoe doen ons dit? / How do we do it?

Ons is nou in week 8 van by die huis wees.

Week 8. Laat dit net insink. Dit voel soos ‘n Desember vakansie op steroids, behalwe vir die vakansie deel.

Maar hoe doen mens dit? Hoe maak jy kinders groot in ‘n wêreld pandemie?

Daar is geen verwysingsraamwerk oor hoe om hierdie te doen nie…

Ons is by week 8. Albei ons kinders leef nog so ons doen seker iets reg. 🤣

Ons oudste gaan ten minste nog 12 of 13 weke by die huis wees. Dit beteken daar gaan iewers ‘n skool rapport moet uitkom. Ahem…

Sussie weet ons nie of sy gaan terug gaan skool toe nie. Ons het slegs gehoor tot en met Gr.R se datums. Jonger as dit weet ons nie.

Maar hoe doen ons dit? Hoe doen ons mammas die krisis skool, kosmaak, huishou, als bymekaar hou?

Ons doen dit net.

Dit is al. Ons mammas en pappas doen dit net met die hulp en genade van die Here.

Ek dink as ons nie ons Hoop op die Here gehad het nie, wat sou ons doen?

So as jy ‘n mamma of ‘n pappa is wat nou in hierdie tyd die toue bymekaar moet hou. Die wa moet dryf en deur die drif trek, onthou, jy is nie alleen nie. Ons is saam in hierdie storm en ons het die Here by ons in hierdie tyd. Ons is nie alleen nie.

Toodles!

****

English

We have now been at home for 8 weeks. Week 8. Just let it sink in. It feels like a December holiday on steroids, except for the holiday part.But how do you do it? How do you raise children in a world pandemic?There is no frame or reference on how to do this ...We are at week 8. Both our children are still alive so we are probably doing something right. 🤣Our oldest is going to be home for at least another 12 or 13 weeks. This means that a school report will have to come out somewhere. Ahem ...Sussie doesn't know if she's going to go back to school. We only heard until Gr.R's dates. Younger than that we do not know.But how do we do it? How do us moms do the crisis school, cooking, housekeeping, keeping everything together?We're just doing it.That's it. Us moms and dads do it with the help and grace of the Lord.I think if we didn't have our Hope on the Lord, what would we do?So if you are a mommy or a daddy who now has to hold the ropes together at this time. The boat has to float and pull through, remember, you're not alone. We are together in this storm and we have the Lord with us at this time. We are not alone.Toodles!

2 thoughts on “Hoe doen ons dit? / How do we do it?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s