Hierdie is my gunsteling goete. / These are my favorite things.

Ek het baie belangstellings. Heelwat, meeste, goed in die lewe maak my gelukkig. Daarom het ek gedink om dit hier te lys, dalk is sommige van hierdie goete ook jou gunsteling. 🙃

I have many interests. Many, most, good things in life make me happy. That's why I thought to make a list here, maybe some of these are your favorite things too.

Om te lag! Dit is vir my toonkrul lekker om te lag. Veral vir myself. Ek is gewoond daaraan om op die bed te gaan sit wanneer ek my skoene aantrek en op hierdie spesifieke dag het ek op die bed op die vloer gaan sit. 🤣

To laugh! I love it to laugh! Especially at myself. I am used to sitting on the bed when I put on my shoes and on this particular day I sat on the bed on the floor. 

Die Winter veld. Die knars van die droë gras onder my tekkies gee my soveel vreugde en tevredenheid.

The Winter field. The crunch of the dry grass under my sneakers brings me so much joy and contentment.

Lawwigheid saam die kinders. Ek geniet dit om sommer laf te wees saam die kinders en die lewe te geniet vir wat dit is in daardie oomblik.

Craziness with the children. I enjoy being silly with the kids and enjoying life for what it is in that moment.

Koffie. Koffie maak my gelukkig. Genoeg gesê.

Coffee. Coffee makes me happy. Enough said.

Herfs. Herfs is my gunsteling seisoen. Moeder natuur het die mooiste boks kryte.

Autumn. Autumn is my favorite season. Mother nature has the most beautiful box of crayons.

My man. My man maak my gelukkig. Ons het al soveel avonture saam gehad in ons elf jaar bymekaar en daar kom nog vele ander.

My husband. My husband makes me happy. We have had many adventures in our eleven years together and there are many more to come.

Huiskos. Grendeltyd het my geleer hoe baie ek van huiskos hou. Daardie warm gevoel nie net in my maag nie, maar in my hart maak my gelukkig.

Home cooking. Lockdown has taught me how much I love home cooking. That warm feeling not only in my stomach but in my heart makes me happy.

So hierdie is my lysie. Hoe lyk jou lysie van goete wat jou gelukkig maak?

So this is my list. What does your list of favorite things look like?

Toodles!

3 thoughts on “Hierdie is my gunsteling goete. / These are my favorite things.

  1. Toortsie sê:

    Kos. My man. My kinders. My kleinkinders. Om tyd in die veld te spandeer. Kreatief wees. Brei. Hekel. Lees. Gesels. Die see. Die plaas. Stap. My tye saam met God. Wanneer ek oor tyd met iemand werk en sien hoe die persoon ten goede verander. Lag. Met mense gesels sommer so in die verbygaan.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s