Ek mis dit. / I miss this.

Ek mis dit om saam mense te kuier.

Ek weet wat jy nou dink. Ek het vir meeste van julle gesê dat ek in hierdie grendeltyd geleer het dat ek eintlik ‘n introvert is. En as jy dit nie gehoor het nie het jy nou. Ek erken, ek geniet hierdie grendeltyd verskriklik baie, want ek hoef nie heeltyd met mense in kontak te wees nie. 😂

Maar vandag mis ek dit om om ‘n braaivuurtjie te kuier saam my village. My village is nie groot nie en hulle sal moontlik mekaar nie kies nie, maar elkeen speel ‘n rol in my lewe en ek mis hulle.

Ek mis langpad ry.

Ons gesinnetjie se gunsteling ding om te doen is langpad ry. Ons love dit met oorgawe! Vroeg opstaan. Koffie en doughnuts kry by die garage. Biltong en sweets vir padkos en die verre oop vlaktes voor ons. Ons mis die plaasvelde. Die beeste en skape. Die bale op die goue lande. Ons mis RSG se langpad kuier. Ons verlang na die stop by Milly’s op pad laeveld toe.

Ek mis die see.

Ons was gelukkig genoeg om Februarie; net voor die storm, ons 10dae by die see te kon geniet. Ek mis die klank van die golwe en die soutigheid op my lippe.

Ek mis kerk hou.

Hierdie hele grendeltyd het ek almal aangemoedig om kerk te wees. Om Jesus se hande en voete te wees, maar ek mis my mense. Veral die oumense in ons gemeente. Daar is niks soos ‘n drukkie en wyse woorde van die ouer generasie on die kerk nie.

Ek mis planne maak.

Ek mis die opwinding en beplanning waarmee ons besig was voor die grendeltyd. Ons emmigrasie planne en al die opwinding wat daarmee saam gegaan het. Ons is steeds opgewonde, ons maak steeds planne, maar vir nou is dit op ys geplaas.

Ek weet hierdie is alles luxuries wat ek mis. Daar is meer belangriker dinge wat ander mense mis en wat ek elke dag het en elke dag waardeer, maar ek het ‘n reisigershart en daarom is hierdie my goed waarna ek verlang.

Ek droom solank drome oor een van die dae en weet dat wanneer ons weer mag beweeg ens. gaan ek hierdie goed baie meer waardeer.

Toodles

🦋

English

I miss meeting up with people.I know what you think now. I told most of you that I learned during this lockdown that I am actually an introvert. And if you haven't heard, it now you have. I admit, I am enjoying this lockdown way too much, because I don't have to be in contact with people all the time. 😂But today I miss having a barbecue fire with my village. My village is not big and they may not choose each other, but each one plays a special part in my life and I miss them.I miss road trips. Our little family's favorite thing to do is going on a road trip. We love it! Getting up early. Grabbing a coffee and donuts at the garage. Biltong and sweets for road snacks and the far open plains in front of us. We miss the farm fields. The cattle and sheep. The bales on the golden fields. We miss RSG's long road visit. We long for the stop at Milly's on our way to the lowveld.I miss the sea.We were lucky enough in February; just before the storm, we were able to enjoy our 10 days at the sea. I miss the sound of the waves and the saltiness on my lips.I miss church.This whole lockdown time I encouraged everyone to be the church. Being Jesus' hands and feet, but I miss my people. Especially the old people in our congregation. There is nothing like a hug and wise words from the older generation in the church.I miss making plans.I miss the excitement and planning we were doing before the lockdown. Our emigration plans and all the excitement that went with it. We are still excited, we are still making plans, but for now it has been put on ice.I know these are all luxuries that I miss. There are more important things that other people miss and that I have and appreciate every day, but I have a traveller's heart and therefore these are my things I long for.I have dreams for one of these days and know that when we may move again etc. I'm going to appreciate this stuff a lot more.Toodles

3 thoughts on “Ek mis dit. / I miss this.

  1. seegogga sê:

    So het ons almal ons verlangens en misse, al is ons in wese eintlik baie gelukkig. Vir my is die lickdown lekjer, ten soyte van finansiële verlies. Vir my man nie. Hy wil goeters doen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s