Soos julle seker nou al weet is ons op hierdie stadium in limbo met die groot trek. Dus het ons na ‘n kompleks toe getrek tot die dag wat ons gaan vlieg. Die eienaar is ons goedhartig en verstaan dat ons enige tyd nuus kan kry oor datums ens.
Nou ja. Hier woon ons tussen lieflike, vriendelike mense. Ons woon so reg op mekaar se voorstoepe. Dit is eintlik heel interessant. 😅
Wat lekker is, is hier bly ‘n vriendinnetjie van Tjoeks ook so die twee speel elke dag saam. Aan die begin was dit net hulle twee wat gespeel het so ouboet was nie beindruk met die girls nie. Nou speel hy ook gelukkig saam.
Buurvrou 3 se kleindogter kuier hier van die stad af. Sy is heelwat ouer as die drie, maar nou speel almal saam. Aan-aan. Fietsry. Poppe. Ens.
Die kinderlaggies EN kinderbakleierye het nou hierdie stil kompleks laat lewe kry. Ons kinders speel en is dit heerlik, want hulle is heeltyd buite, kry oefening vir hul liggame en oefen hul verbeelding. Ouboet het skoon gister paaie in die grond gemaak om sy karre te ry!
Ek en die hubster kan rustig koffie drink en gesels. Ek kan ook my huistake sonder onderbreking klaar kry. 😅
Nou ja toe. Hierdie is die eerste van kompleks stories. Gaan daar meer wees? Wie weet?
Toodles!
***
English
As you probably already know, we are in limbo at the moment with the big move. So we moved to a complex until the day we will fly. The owner is kind to us and understands that we can get news about dates etc. at any time. Here we live among lovely, friendly people. We live right on each other's front porches. This is actually quite interesting. 😅 What's nice is that a friend of Tjoeks's stays here so the two play together every day. At the beginning it was just the two of them playing so big brother was not impressed with the girls. Now he also happily plays along. Neighbor 3's granddaughter is currently visiting here from the city. She is much older than the three, but now everyone is playing together. Playing tag. Cycling. Dolls. Etc. The childish laughter AND childish fights have now brought this quiet complex to life. Our children play and it is wonderful because they are outside all the time, getting exercise for their bodies and exercising their imagination. Big brother even made roads in the ground yesterday to drive his cars! The hubster and I can have a quiet coffee and chat. I can also complete my homework without interruption. 😅 Well then. This is the first of complex stories. Will there be more? Who knows? Toodles
Dis ‘n goeie ding vir ‘n moeilike situasie. Ek is altyd so bly as ek kinders sien buiet speel. Geniet jou space en sterkte vir die laaste skof…
Dankie Bondels 🤗 Kinders mOEt speel en is ek dankbaar vir die maats.
So baie bly die kinders kan speel!
Defnitief tannie 🤗
Sonell, ek dink julle gaan die kompleks-blyery baie geniet. Ander mense so na aan mens is soms ń positiewe ervaring.
Dit is defnitief! Ons geniet die geselskap en vriendelike gesigte.
Ons bly ook deesdae redelik bo-op mekaar hier in die nuwe estate. Dit het sy eiesoortige bekoring.
Is regtig so, mens leer mense anders ken en dit is lekker.
Elke plek het sy eie goeiegoed! So bly die kinders speel so lekker.
Dis presies wat kinders moet doen, heeldag buite speel.
interessant, lekker as kinders speel.