The social dilemma.

Vir ‘n tydjie nou al voel ek hoe baie sosiale media ons lewens oorgeneem het. Persoonlik ook myne.

Wanneer ons wakker word vat ons onmiddelik ons fone. Wanneer ons eet kyk ons na ons fone. Wanneer ons loop of bestuur kyk ons na ons fone. Dit het ons mensdom totaal oorgeneem en ook zombies van ons gemaak.

Ons is so gehook op die hoeveelheid reaksies wat ons kry op ‘n plasing dat ons elke kort kort kyk hoeveel “likes” of kommentare daarop is. Deur die nag word ons wakker en reik dadelik na ons fone wat dan daarnatoe lei dat ons nie voldoende slaap inkry nie.

Ek het hierdie film gekyk. The social dilemma. Hulle spreek ernstige nagevolge rondom sosiale media aan en hoe groot impak dit op ons kinders se lewens het. Persoonlik dink ek dat kinders eers van 16jaar af moet toegelaat word om op sosiale media ‘n rekening te skep. Voor dit is kinders se lewens alreeds te gekompliseerd en hoe langer ek myne kan beskerm hoe beter.

Daar is ook vele goeie punte rondom sosiale media en KAN dit ons wêreld ‘n beter plek maak. Hier geld die Spiderman spreekwoord: “With great power comes great responsibility.”

Ek het nou ‘n verstelling aan my foon gedoen wat my slegs een uur op sosiale media per dag toelaat. Wanneer daardie uur verby is vir die dag kan ek nie weer daardie toeps oopmaak nie. Deur dit te doen het ek besef dat ek baie meer produktief is deur die dag en baie meer gedoen kry.

Sosiale media beheer ons. Dit beïnvloed die manier waarop ons reageer op sekere dinge en dit kry “data” van ons af sodat dit ons kan beïnvloed om langer aanlyn te spandeer. Als hieroor word in die film verduidelik.

Sosiale media is nie NET sleg nie. Daar is baie goed ook daar in, maar ons moet wys met dit omgaan.

Gaan kyk gerus hierdie film op Netflix. Dit is baie insiggewend.

Toodles!

🦋

English

For a while now I have been feeling how much social media has taken over our lives. Personally mine too.When we wake up we immediately take our phones. When we eat we look at our phones. When we walk or drive we look at our phones. It has completely taken over our way of socializing and also made zombies out of us.We are so hooked on the amount of responses we get to a post that we take a brief look every now and again at how many “likes” or comments there are. During the night we wake up and immediately reach for our phones which then leads to us not getting enough sleep.I watched this movie. The social dilemma. They address serious repercussions around social media and how much impact it has on our children's lives. Personally, I think children should only be allowed to create an account on social media from the age of 16. Before that, children's lives are already too complicated and the longer I can protect mine from social pressure the better.There are also many good points around social media and it CAN make our world a better place. Here the Spiderman proverb applies: "With great power comes great responsibility."I have now made an adjustment to my phone that allows me only one hour on social media per day. When that hour is over for the day, I can not open those apps again. By doing this I realized that I am much more productive through the day and get a lot more done.Social media controls us. It affects the way we respond to certain things and it retrieves “data” from us so it can influence us to spend more time online. Everything about this is explained in the film.Social media is not JUST bad. There are a lot of good things in there too, but we have to deal with it wisely.Check out this movie on Netflix. This is very informative.Toodles

6 thoughts on “The social dilemma.

  1. woordnoot sê:

    Ek stem saam…was nou n rukkie af van fb maar probeer nou n extra geldjie maak en raai wat….dit vat my na alles toe terug waar ek nie regtig wil wees nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s