‘n Besige seisoen. / A busy season.

Ag julle. Hoekom verloor ons, onsself so in hierdie ouerskap lewe in?

Ek het werklik lanklaas hier ge-blog. Ek lees byna nooit my mede bloggers se skrywery nie. Ek voel skuldig. So verskriklik skuldig!

Die hubster en ek bevind onsself nou in die besigste seisoen van ons lewens, ook die wonderlikste seisoen. Daar is nie eens een dag wat vervelig verby gaan nie. Ons lewens is mal en weet ek eenvoudig nie HOE ons als elke dag gedoen kry nie.

Elke dag (Maandag – Vrydag) taxi ek die kinders op en af skool toe en huis toe. Elke dag maak ek die huis skoon. Letterlik. Elke dag doen ek wasgoed. Elke dag maak ek gesonde maaltye. Elke dag voel dit of ek verdrink onder die verantwoorlikhede van vrou en ma wees, maar elke dag doen ek dit weer.

Maar meer as wat ek kla is ek dankbaar. Ek is eenvoudig net dankbaar vir my man en kinders. Ek is dankbaar vir ons mal lewe. Elkeen van ons is so uiteenlopend anders, tog wérk ons en werk ons lekker. Ons is lekker mense!

En net soos hierdie’n uitees besige seisoen in ons lewens is, weet ons dat die veel stiller seisoen van ons lewens ook elke dag nader wink en daarom is die vir ons (die hubster en ek) belangrik om ons nie te verloor in ons kinders nie, maar in mekaar. Wanneer die kinders uit die huis is en hul eie potjies krap het ons net mekaar oor en as ons saam wil oud word is dit belangrik dat ons besef dat kinders groot maak slegs ‘n seisoen is en huweliksmaats virewig is.

Toodles!

S.

English

Oh you. Why do we lose ourselves, so much in this parenting life?I haven't blogged here in a long time. I almost never read my fellow bloggers' writing. I feel guilty. So terribly guilty!The hubster and I now find ourselves in the busiest season of our lives, also the most amazing season. There is not even one day that goes by boring. Our lives are crazy and I just do not know HOW we get everything done every day.Every day (Monday - Friday) I taxi the kids up and down to school and home. Every day I clean the house. Literally. Every day I do laundry. Every day I make healthy meals. Every day it feels like I am drowning under the responsibilities of being a wife and mother, but every day I do it again.But more than complaining I am grateful. I am simply grateful for my husband and children. I'm thankful for our crazy lives. Each of us are so different and unique, yet we work and work well. We are lekke people!And just as this is an extremely busy season in our lives, we know that the much quieter season of our lives also beckons closer every day and therefore it is important for us (the hubster and I) not to lose ourselves in our children only, but in each other. When the kids are out of the house and building their own homes we will only have each other left and if we want to grow old together it is important that we realize that raising children is only a season and spouses are forever.Toodles!S.

8 thoughts on “‘n Besige seisoen. / A busy season.

  1. Una sê:

    Julle het die regte uitkyk op die lewe, Sonell. Soos ek al voorheen vir jou gesê het, jy is ń wonderlike jong vrou en jou hart is presies op die regte plek.

  2. seegogga sê:

    Obek stem so saam met Una en Frannie! Eintlik weet ek nie waar jy tyd kry vir alles nie. Ek sou daardie tyd waar jy nou is, nie kon oorleef sonder ‘n voltydse huishulp nie. Klop gerus vir jouself ‘n bietjie op die skouer.

  3. Toortsie sê:

    Liewe Sonell, moenie skuldig voel oor blogs waarby jy nie uitkom nie. Jy is met die regte goed besig. Met jou man en jou kinders. Hou so vol. Jy gaan jou dividende kry daarvoor. ❤️

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s