Die lewe is ‘n risiko. / Life is a risk.

Soveel keer in my lewe het ek besluit om op die kantlyn te bly staan. Ek het altyd die veilige opsie gekies. Ek is en sal altyd oor daardie tye spyt wees.

Maar ek het op ‘n dag besef.

Die lewe is ‘n risiko. Om by my voordeur uit te stap elke dag is ‘n risiko. Om te trou, ‘n gesin te begin en selfs elke dag in ons motor te klim is ‘n risiko. Om liefde te gee is ‘n risiko. Om ander toe te laat om jou lief te hê is ‘n risiko.

So wat staan ek te doen? Sou ek nooit droom oor die lewe nie? Sou ek virewig toegesluit in my huis bly. ‘n Kluisenaarsbestaan leef? Sou ek nooit liefkry of lief ontvang nie? Sou ek nooit die uitdaging van ouerskap aanvaar nie?

Dan sou ek nie werklik lewe nie.

Elke dag is ek deeglik bewus daarvan dat die lewe ‘n risiko is, maar ek kies om die kans te vat, want hierdie lewe is aan ons gegee om te geniet. Alles wat ons sien en ervaar is vir ons om te geniet.

Adam en Eva in die tuin kon als geniet na harte lus. Toe vat Eva ‘n risiko. ‘n Kans. Goeie besluit? Nee… Maar sou ek dan vandag hier gewees het as sy nie die risiko gevat het nie? Kan wees…

My punt is… As ons nie kanse vat nie, gaan ons nooit werklik lééf nie!

Vat die kans. Gryp die geleentheid. Carpe Diem!

Toodles!

English

So many times in my life I decided to stay on the sidelines. I always chose the safe option. I am and will always regret those times.But I realized one day.Life is a risk. Walking out my front door every day is a risk. Getting married, starting a family and even getting in our car every day is a risk. Giving love is a risk. Allowing others to love you is a risk.So what do I have to do? Would I never dream about life? Would I stay locked up in my house forever. Is a hermit life worth living? Would I never love or receive love? Would I never accept the challenge of parenting?Then I would not really live.Every day I am well aware that life is a risk, but I choose to take the chance because this life is given to us to enjoy. Everything we see and experience is for us to enjoy.Adam and Eve in the garden could enjoy everything to their heart's content. Then Eve took a risk. A chance. Good decision? No ... But would I have been here today if she had not taken the risk? Can be...My point is ... If we do not take chances, we will never really live!Take the chance. Seize the opportunity. Carpe Diem!Toodles!

4 thoughts on “Die lewe is ‘n risiko. / Life is a risk.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s