Vakansietyd! / Holidays are here!

Hello mense!

Jimmel ek was lanklaas hierop! Blykbaar het my lesers die afgelope week wild gelees aan my blogs en ek het niks eers geskryf nie. 🤣

Dankie julle.

Nou ja, die skoolvakansie het eintlik nog nie offisieël begin nie, maar die kinders mag nou by die huis bly. Asof die sewe maande wat hul alreeds by die huis was hierdie jaar nie genoeg was nie. Ek het nou al my ongelukkigheid hieroor uitgespreek teenoor my vriendinne en ek is eenhonderd persent seker ek is nie die enigste mamma wat so voel nie. Ons mammas het ‘n breek nodig. Die onderwysers sal nog tot die 15de Desember by die skool wees. Waarom kon hul nie net aangegaan het nie? Dalk begin het met ander werk? Of dit waarmee ons kinders moontlik sukkel verder aan werk?

Kyk, ek het meegevoel met elke onnoe. Julle het hard gewerk hierdie jaar in omstandighede wat niemand gesien kom het nie, maar ons as die ouers ook. Ons moes oornag onderwysers word en het niks van die werk verstaan nie… Ons moes elke dag ure lank met ons kinders sit wat nie kop of stert kon uitmaak van wat ons aan hulle probeer verduidelik nie. Hulle was sewe maande by die huis, nou bly hul weer by die huis tot amper aan die einde van Januarie 2021… Die Onderwysdepartement kon wrintiewaar maar die vakansie kortgeknip het.

Ag, dit help gladnie ek kla hier nie. Ek is nog in die bevooregte posisie om by die huis te kan wees saam met my kinders. Wat van die ouers wat moet werk? Ek onthou die gestoei wat ek verlede jaar in Desember gehad het omdat ek moes werk en my kids by ‘n dagsorg moes los waarvan hul niks gehou het nie. Om hul elke dag daar te moes aflaai het my hart gebreek…

Vandag was die eerste dag van vakansie by ons. Ek oorweeg dit alreeds om die kinders aan hul ore op te hang aan die wasgoedlyn!

Dit was ‘n rowwe dag. As sussie nie 3 ure vat om uit die kar te klim nie dan kerm ouboet oor een of ander iets wat hy wil hê. Ek is nou weer so gewoond aan my eie tyd dat hierdie ook nou weer ‘n groot aanpassing gaan wees. 🤦🏼‍♀️

Wat doen mens met kinders in so lang skoolvakansietyd?

Ek is baie lief vir my kinders, maar sommige dae is net te erg en vandag was een van daardie dae.

Toodles!

English

Hello people! Yeah, I haven't been on here in a while... Apparently my readers have been reading wildly on my blogs this past week and I haven’t even written anything. 🤣Thank you. Well, the school holidays have not really started officially yet, but the kids are now allowed to stay at home and if you know my kids... They will do anything to stay home...As if the seven months they had already been home this year were not enough. I have now expressed all my unhappiness about this to my girlfriends and I am one hundred percent sure I am not the only mom who feels this way.Us moms need a break. The teachers will still be at the school until the 15th of December. Why could they not have just gone on? Maybe started with other work? Or work on whatever our children may be struggling with?Look, I sympathized with every teacher. You have worked hard this year in circumstances that no one saw coming, but us as the parents also. We had to become teachers overnight and did not understand any of the work ... We had to sit for hours every day with our children who could not make out head or tail of what we were trying to explain to them. They were at home for seven months, now they stay at home again until almost the end of January 2021 ... The Department of Education could have cut the holidays shorter. This is how capable our Government is when it comes to schooling our children or even delivering a basic service...Ah, it does not help at all I complain here. I am still in the privileged position of being able to be at home with my children. What about the parents who have to work? I remember the wrestle I had in December last year because I had to work and leave my kids at a daycare that they did not like. Having to drop them off there every day broke my heart ...Today was the first day of vacation with us. I'm already considering hanging them up by their ears to the washing line! It was a rough day. If sister does not take 3 hours to get out of the car then older brother moans about something he wants. I am so used to my own time again that this is going to be a big adjustment again. 🤦🏼‍♀️What do you do with children during such a long school holiday? I love my kids very much but some days are just too difficult and today was one of those days.Toodles!

2 thoughts on “Vakansietyd! / Holidays are here!

  1. seegogga sê:

    Ek verstaan jou ! Ek as oud- onderwyser, kan weer ni verstaan waarom die punte so vroeg moet in wees as die skool eers 15 Des sluit nie. In my tyd moes kinders tot op die laaste skooldag xam skryf en ow moes dit in die vakansies nasien. Idaar gaan siveek moontlike onderrigtyd verlore as xam elke keer 2 weke voordat skool sluit al afgehandel is. En hierdie jaar was daar juis so min onderrigtyd!

Lewer kommentaar