Somer kamp! / Summer camp!

Ek moet bieg. Ek was in die knyp met ons kids vir hierdie lang-tot einde Januarie- vakansie. As ons nog in ons pragtige ou huis met die massiewe erf en groot grasperk gewoon het was dit ‘n ander saak. Nou woon ons in ‘n bitter klein kompleks woonstel met geen grasperk en beperkte opsies vir die kinders om te speel.

Hier is ander kinders, maar myne kom gereeld huilend die huis binne en ek kon net nie meer nie.

Uit desperaatheid vra ek toe op Facebook of daar enige aktiwiteite vir die kinders aangebied word hierdie vakansie.

Julle, ons bly in ‘n dorp met 135 000 mense! Iewers moet iets wees!!

‘n Spesiale vriendin en eintlik familie woon op ‘n plaas buite Standerton. Eintlik is die plaas ook ‘n fantastiese trou venue en ingerig vir funksies ens. (NJ en ek gaan binnekort ons troubeloftes daar hernu. 😊)

Nietemin, Hannelie spring toe in en maak die wonderlikste plan! Hulle bied elke tweede dag aktiwiteite aan vir die kinders op plaas Erdzak.

Die kinders is mal daaroor! Hulle ry perd, voer die diere, speel speletjies, bak en brou, swem! My kinders kom uitgeput by die huis na net 3ure se besig wees.

Ek is dankbaar vir Mense soos Hannelie wat vinnig en flink ‘n plan kan maak. 🤗

English

I have to confess. I was in a pinch with our kids for this long-to-end January holiday. If we still lived in our beautiful old house with the massive yard and large lawn it would be a different matter. Now we live in a very small complex apartment with no lawn and limited options for the kids to play.There are other children here, but mine regularly come into the house crying and I just could not take it anymore.Out of desperation, I asked on Facebook if there were any activities offered for the children this holiday.We live in a town with 135,000 people! There must be something somewhere !!A special friend, and actually family, lives on a farm outside Standerton. In fact, the farm is also a fantastic wedding venue and equipped for functions etc. (NJ and I are going to renew our wedding vows there soon. 😊)Nevertheless, Hannelie jumped in and made the most amazing plan! They offer activities every other day for the children on farm Erdzak.The kids love it! They ride horses, feed the animals, play games, bake and brew, swim! My kids come home exhausted after only 3 hours of being busy.I am grateful for People like Hannelie who can make a plan quickly! 

11 thoughts on “Somer kamp! / Summer camp!

  1. appeltjie sê:

    Wat ‘n absolute kinderfees. Ek het groot geword met al die ruimte van ‘n plaas , modderpoele as dit reën en genoeg potklei om na hartelus kreatief te wees. Dis seker hoekom meer mense vandag gaan kamp. Vir die ruimte wat dit mens bied om vry te wees.

  2. woestynkind sê:

    Ek is so bly daar is nog sulke plekkie vir kinders. My hart breek vir hierdie gehokte geslag. Ek self woon in n kompleks en mense moan gedurig oor die kinders op fietse. Die kinders tussen die karre. Ens ens

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s