Vereenvoudig. / Simplify.

Ons het dit gemaak! Ons het 365 dae van 2020 oorleef. Party het nie. 😔 Maar ons is altyd dankbaar!

Ek het geen nuwejaarsvoornemens gemaak vir hierdie jaar nie. Ook nie verlede jaar nie. Ek glo ons moet elke dag voluit leef en wanneer ‘n geleentheid ons padlangs kom dit met alles in ons aangryp.

Hierdie jaar wat voorlê is besig! Alreeds… Ons is by dag 2… Maar ek is dankbaar. Ons is besig met ‘n Bybel read-a-thon op die Ashes to Beauty Facebook groep. Dit is lekker! Ek het besluit om hierdie projek te inisieër, want ek glo die Heilige Gees het my aangemoedig om mense aan te moedig om hul Bybels te gryp en te lees. Ek sien elke dag hoe Christene en nie-gelowiges doelloos rondwaal en enigiets wat vir hul na waarheid klink aanhang en meeste van die tyd word die Bybel versie wat hul deel of plaas buite konteks gebruik of verdraai om hul eie oortuigings te regverdig.

Ek is eenhonderd-persent oortuig daarvan dat ons alles te alle tye teenoor die Woord moet meet en dit is wat ek hoop om in mense wakker te maak hierdie jaar. Nie net dit nie, maar ook om HOOP te saai. Mense het ‘n HOOP inspuiting nodig en hulle gaan dit NET in hul Bybel kry.

Dan wil ek ook graag hierdie jaar meer eenvoudig leef. Die hulpbronne wat ek tot my beskikking het gebruik eerder as om heeltyd iets te koop. Ek wil geskenke maak, eerder as koop. Ek wil oorskiet kos eerder vries en later weer eet as weggooi… Dit is net mors! Ek wil bordspeletjies saam my gesin speel en fliekaande doen. Lang pad ry na nêrens en terug ry. Die lewe kan eenvoudig wees. Ons kan gelukkiger wees met minder. Ons maak die lewe vir onsself gekompliseerd.

Ek wil ‘n verskil maak en teruggee hierdie jaar!

Hoe lyk jou jaar vorentoe?

Toodles!

English

We made it! We survived 365 days of 2020. Some did not. 😔 But we are always grateful!I have not made any New Year's resolutions for this year. Nor last year. I believe we must live life to the fullest every day and when an opportunity comes our way we need to grab it with everything in us.This year ahead is busy! Already ... We're at day 2 ... But I'm thankful. We are doing a Bible read-a-thon on the Ashes to Beauty  Facebook group. It is nice! I decided to initiate this project because I believe the Holy Spirit encouraged me to encourage people to grab and read their Bibles. I see Christians and non-believers wandering aimlessly every day and clinging to anything that sounds like truth to them and most of the time the Bible verses they post on social media is used or distorted out of context to justify their own beliefs.I am one hundred percent convinced that we must measure everything against the Word at all times and that is what I hope to awaken in people this year. Not only that, but also to sow HOPE. People need a HOPE injection and they are only going to get it in their Bible.Then I would also like to live more simple this year. The resources I have at my disposal use rather than buying something all the time. I want to make gifts, rather than buy. I would rather freeze leftover food and eat it again later than throw it away ... It's just a waste! I want to play board games with my family and do movie nights. Long road drive to nowhere and drive back. Life can be simple. We can be happier with less. We make life complicated for ourselves.I want to make a difference and give back this year!What does your year look like ahead?Toodles

5 thoughts on “Vereenvoudig. / Simplify.

  1. Toortsie sê:

    Soos jy glo ek ook dat ons die Woord self miet oopmaak en lees en lees en lees. Selfs in die stukke wat nie so lekker lees nie, lê die wonderlikste juwele toegesluit.
    Mag jou jaar mooi wees.
    Omstandighede en oorlewingsmodus het veroorsaak dat ek verlede jaar heeltyd op adrenalien gehardloop het. Ek hoop om myself effens minder te druk hierdie jaar.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s